Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Weinstein-slagoffers gaan bykans $19 m. kry

Van die vroue wat Harvey Weinstein van seksuele wangedrag en teistering in die werkplek beskuldig, gaan ’n skikkingsbedrag van byna $19 miljoen ontvang, hoewel van hul prokureurs die skikking as “verraad” teenoor die slagoffers beskryf.

Die skikking, wat nog deur twee howe goedgekeur moet word, spruit uit twee regsgedinge, een van teistering teen sy maatskappy The Weinstein Company en ’n groepsgeding deur nege vroue wat die voormalige Hollywood-rolprentmaker van seksuele wangedrag beskuldig.

Weinstein dien tans 23 jaar tronkstraf in New York uit nadat hy in Maart aan seksuele aanranding en verkragting skuldig bevind is.

CNN berig dat ’n vergoedingsfonds van $18 875 000 geskep gaan word en onder die betrokke slagoffers verdeel sal word, “wat ’n vyandige werkomgewing, diskriminasie, seksuele teistering en mishandeling deur Weinstein ervaar het terwyl hulle vir die maatskappy gewerk het”.

As deel van die ooreenkoms sal hulle ook vrygestel word van vertroulikheids- en nie-openbaarmakingsooreenkomste met die maatskappy en die maatskappyverteenwoordigers wat met Weinstein se seksuele gedrag verband hou, berig die Daily Mail.

Van Harvey Weinstein se slagoffers gaan ’n skikkingsbedrag van $19 miljoen kry. Foto: Reuters

Hulle mag nou sonder vrees van vervolging hul stories vertel, sê die aanklaers.

“Harvey Weinstein en sy maatskappy het hul vrouewerknemers in die steek gelaat. Ná al die teistering, dreigemente en diskriminasie is daar uiteindelik geregtigheid vir van die slagoffers,” sê Letitia James, New York se minister van justisie, in ’n verklaring.

“Hierdie ooreenkoms is ’n oorwinning vir elke vrou wat seksuele teistering, diskriminasie en intimidasie deur haar werkgewer ervaar,” meen James.

Die prokureurs Douglas Wigdor en Kevin Mintzer, wat van die slagoffers verteenwoordig, sê egter hulle stem nie saam met die skikking nie en beskou dit om verskeie redes as onbillik, onder meer omdat Weinstein nie verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar nie, berig die tydskrif Variety.

“Die voorgestelde skikking is verraad teenoor die slagoffers. Ons is verbaas dat die minister hierdie onregverdige en onbillike voorstel as ’n sege beskou en ons gaan namens ons kliënte in die hof daarteen beswaar maak,” het hulle bygevoeg.

Weinstein staan in Los Angeles op nog aanklagte van verkragting en seksuele aanranding tereg.




Meer oor:  Harvey Weinstein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.