Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Wêreld se grootste konyn gesteel

’n Enorme konyn, wat bekendheid verwerf het as die grootste ter wêreld, is by sy eienaar se huis in Worcestershire in Brittanje gesteel.

The Guardian berig dat die polisie vermoed dat die 129 cm lange konyn, genaamd Darius, Saterdagaand uit sy hok gesteel is.

Die konyn is in 2010 met ’n Guinness-wêreldrekord bekroon nadat bevind is dat hy die grootste in sy soort is.

Annette Edwards en Darius, wat as die wêreld se grootste konyn bekendheid verwerf het. Foto: Twitter/Annette Edwards

Sy eienaar, Annette Edwards, het intussen ’n beloning van £1 000 aangebied om Darius terug te kry.

Volgens Worcester News het Edwards op Twitter gevra dat die diewe hom terugbring. Sy het gesê hy is te oud om mee te teel.

Edwards het dit as “’n baie hartseer dag” beskryf. Die polisie het ’n beroep gedoen op die publiek om op die uitkyk te wees vir die reusagtige konyn sodat die diewe aangekeer en hy aan sy regmatige eienaar terugbesorg kan word.

Meer oor:  Guiness World Record  |  Brittanje  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.