Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Wêreld se grootste vliegtuig slaag eerste toetsvlug

Die wêreld se grootste vliegtuig het Saterdag oor die Mojave-woestyn in Kalifornië opgestyg.

Dit was die eerste vlug vir dié koolstof-saamgestelde vliegtuig wat deur die Stratolaunch Systems-korporasie gebou is.

Die wêreld se grootste vliegtuigword deur ses enjins op twee rompe aangedryf.Foto: Reuters

Die wit vliegtuig, genaamd Roc, met ’n vlerkspan so lank soos ’n Amerikaanse voetbalveld en wat deur ses enjins op twee rompe aangedryf word, het omstreeks 07:00 Stille Oseaan-tyd opgestyg en vir langer as twee ure uur in die lug gebly voordat dit weer onder luide toejuiging veilig by die Mojave-lug-en-ruimtehawe geland het.

“Wat ’n fantastiese eerste vlug,” het Jean Floyd, Stratolaunch se uitvoerende hoof, in ’n verklaring gesê.

“Vandag se vlug bevorder ons missie om ’n plooibare alternatief tot grondlanseringstelsels te voorsien,” het Floyd gesê.

Die vliegtuig is ontwerp om vuurpyle en ander ruimtevaartuie van tot byna 230 000 kg teen ’n hoogte van 10 700 m bo seespieël te lanseer.

Roc het suksesvol in die Mojave-woestyn opgestyg en ná twee uur weer geland. Foto: Reuters

Saterdag se vlug, waar die vliegtuig ’n spoed van net meer as 300 km/h bereik het met ’n maksimum hoogte van 5 180 m bo seespieël, was bedoel om sy werkverrigting en hantering te toets, sê Stratolaunch.

Roc se vlerkspan is so lank soos ’n rugbyveld.Foto: Reuters

Paul Allen, wat Microsoft saam met Bill Gates in 1975 ontwikkel het, het in 2011 aangekondig dat hy die privaatgefinansierde Stratolaunch gaan begin.

Die maatskappy wou bydra tot die hoër aanvraag vir vaartuie wat satelliete in hul wentelbaan kan plaas.

Hy ding in Amerika mee met onder meer Elon Musk se SpaceX.

Stratolaunch wil sy eerste vuurpyle vanaf Roc in 2020 lanseer.

Allen is in Oktober 2018 dood kort ná die vliegtuig se ontwikkeling bekend geword het. - Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.