Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Wêreld te verdeeld om Covid-19 te oorwin – VN
Antonio Guterres Foto: reuters

Verdeeldheid veroorsaak dat die wêreld nie die Covid-19-pandemie kan baasraak nie.

António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), het Saterdag gesê ’n daadwerklike poging is nodig om te voorkom dat miljoene mense in armoede en hongersnood verval.

Die voormalige eerste minister van Portugal sê baie meer kon gedoen gewees het as lande saamgewerk het om die siekte, waaraan meer as ’n miljoen mense dood is, te bestry.

“Die Covid-19-pandemie is ’n groot globale uitdaging vir die ganse internasionale gemeenskap en vir my as sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies,” het Guterres aan die Portugese nuusagentskap Lusa gesê.

“Ongelukkig is dit ’n toets wat die internasionale gemeenskap tot dusver gedruip het.”

Hy sê by gebrek aan gekoördineerde maatreëls “kan ’n mikroskopiese virus miljoene mense in armoede en honger dompel, met rampspoedige ekonomiese gevolge in die jare wat voorlê.”

Infeksies is in meer as 210 lande en gebiede aangemeld sedert die eerste gevalle in Desember 2019 in China aangemeld is. – Reuters

Meer oor:  Antonio Gutteres  |  Verenigde Nasies  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.