Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Werklose val passasiers in trein met byl aan
Die 22-jarige man wat glo Saterdagaand op ’n Japanse sneltrein een mens met ’n handbyl doodgekap en twee ander beseer het.Foto: Reuters

Een persoon is dood en twee ander beseer toe ’n man Saterdagaand op ’n sneltrein in Japan passasiers met ’n handbyl aangeval het.

Die polisie het die aanvaller daarna op ’n stasie in die suide van Tokio in hegtenis geneem. Die trein was op pad na die stad Osaka in die weste van die land.

Volgens die plaaslike media is die verdagte ’n 22-jarige werklose wat, volgens sy erkenning aan die polisie, die mense uit frustrasie aangeval het. Hy het nie sy slagoffers geken nie.

Japan se sneltreine is bekend vir doeltreffendheid en veiligheid. In 2015 het ’n passasier homself egter in een van die waens aan die brand gesteek. Die man en ’n medepassasier is in die voorval dood.

Ná dié insident het Japanse owerhede veiligheidskameras in al die waens geïnstalleer.

Die polisie ondersoek Saterdagaand se voorval. – Reuters

Meer oor:  Tokyo  |  Japan  |  Wêreld  |  Aanval  |  Byl  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.