Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
WGO bly oor G7-skenking, maar ...

Hoewel die leiers van die G7-lande die naweek beloof het om byna 1 miljard dosisse Covid-19-entstowwe aan armer lande te skenk is die wedloop om mense in te ent steeds nie ’n regverdige wedloop nie.

Baie lande staan tans op die drumpel van ’n nuwe vlaag en sal moontlik hierdie vlaag sonder die hulp van ’n entstof moet aanpak.

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), sê talle lande het nou ’n toename in gevalle wat hulle sonder entstowwe moet aanpak.

“Ons is in die wedloop van ons lewe en dit is nie ’n regverdige wedloop nie. Baie lande het nog nie eens by die beginpunt weggetrek nie.”

Dr. Steffen Lueder maak Sondag gereed om mense in die Revolte-kroeg in Berlyn in Duitsland te begin inent nadat die kroeg weer kon oopmaak nadat Covid-19-maatreëls verslap is. Foto: Reuters

Ghebreyesus sê hoewel hulle die wêreldleiers se skenkings van entstowwe verwelkom en die leiers bedank, is dit nie genoeg nie.

“Ons het meer nodig. En ons het dit vinnig nodig.”

Die leiers van die G7 het hierdie naweek in Cornwall in Engeland ooreengekom om 870 miljoen entstofdosisse aan armer lande te skenk.

Die helfte van dié entstowwe sal moontlik voor die einde van 2021 gestuur word.

Ons het meer nodig. En ons het dit vinnig nodig.

Die Covax-inisiatief sê hy verwelkom hierdie besluit en sê hy sien uit daarna om te sien hoe hierdie dosisse so vinnig as moontlik na lande versprei word.

Dié skenkings is egter minder as wat glo by die G7-beraad bespreek is.

Volgens ’n uitgelekte dokument wat Bloomberg bekom het, sou Boris Johnson, Brittanje se premier, die G7-lande vra om 1 miljard entstofdosisse te skenk.

Aktiviste van Oxfam, die organisasie wat op wêreldwye armoede fokus, met maskers van die leiers van die G7-lande betoog Vrydag oor die toutrekkery oor entstowwe op ’n strand by Falmouth, Engeland, naby waar die leiers die afgelope naweek ’n beraad gehou het. Foto: Reuters

Voordat die ooreenkoms van 870 miljoen bereik is, het Amerika beloof om 500 miljoen entstofdosisse te skenk, terwyl Brittanje en die Europese Unie (wat Frankryk, Italië en Duitsland insluit) beloof het om elk 100 miljoen te skenk.

Japan het beloof om 30 miljoen te skenk, terwyl daar nog geen aanduiding was hoeveel Kanada sou skenk nie.

Soos vroeër berig, sal byna 90% van Afrika-lande glad nie hul teiken vir inentings teen September bereik nie omdat hulle te min entstowwe het.

Die WGO het verlede week gesê 47 van die 54 Afrika-lande sal nie hul teiken – om 10% van sy bevolking teen die einde van September in te ent – bereik nie.

Lees hier meer  oor watter lande wel die teiken sal bereik.

Meer oor:  G7  |  Wgo  |  Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus  |  Verspreiding  |  Covid-19  |  Entstowwe  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.