Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
WGO maan Europeërs om in vakansie veilig te reis

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Donderdag ’n beroep op Europeërs gedoen om in die somervakansie verantwoordelik te reis.

Die organisasie het ook gewaarsku dié gebied is ondanks ’n stabiele daling in die getal infeksies “geensins buite gevaar” wat die stryd teen die Covid-19-pandemie betref nie.

Hans Kluge, streeksdirekteur van die WGO in Europa. Foto: Reuters

“Met al hoe meer sosiale byeenkomste, groter beweging onder die bevolking en groot feeste en sporttoernooie in die volgende dae en weke, vra die WGO mense in Europa om versigtig te wees,” het Hans Kluge, streeksdirekteur van die WGO in Europa, gesê.

“As jy wil reis, moet jy verantwoordelik wees. Wees bewus van die risiko’s,” het Kluge gesê.

In die afgelope twee maande het die getal nuwe Covid-19-gevalle, -sterftes en -hospitalisasies afgeneem. Dit het daartoe gelei dat 36 uit die 53 lande in die EU inperkings verslap het.

Die getal bevestigde Covid-19-infeksies verlede week was 368 000, ’n vyfde van wat dit tydens die piek in April was, sê Kluge.

“Tog is ons nog nie buite gevaar nie,” sê Kluge.

Hy het ook gewys op kommer oor die sogenaamde Delta-variant, wat eerste in Indië geïdentifiseer is.

Met net 30% van mense wat reeds hul eerste dosis entstof ontvang het, is dit nie genoeg om nog ’n vlaag van die virus te voorkom nie. – Reuters

Meer oor:  Wgo  |  Europa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.