Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
WGO waarsku oor 2de golf infeksies

Lande waar koronavirusinfeksies besig is om af te neem, kan ’n “onmiddellike tweede piek” ervaar as inperkingsmaatreëls te vinnig verslap word, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Maandagaand gesê.

Die wêreld is nog in die eerste fase van die koronavirusuitbreking, het dr. Mike Ryan van die WGO Maandagaand op ’n aanlyn nuuskonferensie gesê.

Hy het bygevoeg terwyl die infeksiekoers in baie lande afneem, is dit in lande in Sentraal- en Suid-Amerika, Suid-Asië en Afrika aan die toeneem.

Ryan sê pandemies kom dikwels in golwe, wat beteken uitbrekings kan weer later vanjaar voorkom in lande waar die eerste golf reeds gewyk het. Daar is ook ’n kans dat die infeksiekoers blitsig kan styg as maatreëls om die eerste golf te vertraag, te vinnig verslap word.

“Wanneer ons oor ’n tweede golf praat, verwys ons gewoonlik na die eerste golf as die siekte opsigself, en dan ’n herhaling van die siekte ’n paar maande later. Dít kan oor ’n paar maande ’n werklikheid in vele lande word,” het Ryan gesê.

“Ons moet net altyd bewus wees van die feit dat die siekte enige tyd kan ‘spring’. Ons kan nie aanneem die infeksies sal aanhou daal net omdat dit begin afneem nie . . . ons het ’n paar maande om gereed te maak vir ’n tweede golf. Ons kan ’n tweede piek in dié tweede golf kry.”

Hy het gesê lande in Europa en Noord-Amerika moet “voortgaan om die openbare maatreëls, die toesigmaatreëls, toetsmaatreëls en ’n omvattende strategie in plek te stel om te verseker dat ons voortgaan met ’n afwaartse trajek en dat ons nie onmiddellik ’n tweede piek bereik nie.”

Baie Europese lande en Amerikaanse state het die afgelope weke stappe gedoen om inperkingsmaatreëls op te hef. Reuters

’n Dokter hou ’n pasiënt se hand vas in die waakeenheid van die CommonSpirit Dignity Health California Hospital Medical Center.Foto: Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.