Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Wit SA’ners is rassiste, sê Kiwi’s op Twitter

Nieu-Seelanders het ’n vurige debat op Twitter ontketen nadat hulle gekla het oor wit Suid-Afrikaners wat “rassisme” na hul land gebring het.

Die herrie het ontstaan nadat @Brad_Kul op Twitter sy ligging as Aotearoa, die Maori-naam vir Nieu-Seeland, aangedui het en gesê het hulle sal sekere mense nie in hul land aanvaar nie.

Hy het onlangs getwiet: “In Nieu-Seeland is daar net twee soorte mense wat ons nie sal duld nie. 1. Rassiste. 2. Wit Suid-Afrikaners. Eerlikwaar daardie mense is die f****n ergste! Wanneer hou ons ’n vreedsame protesoptog teen die f*****s. Het jy al een ontmoet? Die ergste!”

Ek belowe ons is nie almal só nie. Terwyl ek my Afrikaanse herkoms en taal koester omdat dit my gevorm het tot wie ek is, verkies ek om die goeie bo die slegte te kies.

Sy twiet is meer as 3 000 keer hertwiet.

Hy het kort daarna weer getwiet: “Dit is ek wat met myself die draak steek oor my eie vooroordele en ironie. Ek hoor ’n Suid-Afrikaanse aksent en neem onmiddellik aan dat hulle rassistiese po*ph*lle sal wees.”

Sy twiets het gemengde reaksie uitgelok.

Verskeie Nieu-Seelanders het hul eie ervarings gedeel om sy twiets te ondersteun, terwyl sommige Suid-Afrikaners hom geprys het dat hy iets daaroor gesê het, terwyl ander hom versoek het om nie te veralgemeen nie.

Die Twitter-gebruiker @kilbrniesanders, wat in Wellington woon, het getwiet: “Wit Suid-Afrikaners wat Nieu-Seeland toe geëmigreer het om die einde van apartheid vry te spring en nou kla oor Nieu-Seeland se multikulturalisme, is wêreldkampioene in die pot mis te sit.”

@surlymermaid het getwiet: “In letterlik 95% van die gevalle waar ek ’n wit Suid-Afrikaner ontmoet, kan ek julle waarborg dat hulle iets rassisties, seksisties of homofobies binne die eerste tien minute sal sê. Moenie ’n twiet vir my stuur as jy ’n wit Suid-Afrikaner is wat deel van die 5% is wat nie só is nie, sê liewer vir jou mede- wit Suid-Afrikaners om hul monde te hou.”

Franda Zondagh, nog ’n Twitter-gebruiker, van Hamilton, het Nieu-Seelanders gevra om nie te veralgemeen nie.

“Ek belowe ons is nie almal só nie. Terwyl ek my Afrikaanse herkoms en taal koester omdat dit my gevorm het tot wie ek is, verkies ek om die goeie bo die slegte te kies. Dit maak my hartseer dat ek skaam moet wees vir my kultuur. Moet ons asseblief nie veroordeel weens die optrede van enkeles nie.”

Ek was nog nooit in jou land nie, maar ek het net positiewe indrukke van die Nieu-Seelanders wat ek ken.

@DuppieCharl het getwiet: Ek is ’n wit Suid-Afrikaner wat in Nieu-Seeland bly. Die ironie is dat as ek ’n groot groep Kiwi’s ontmoet en hulle herken my Suid-Afrikaanse aksent, beskou hulle dit onmiddellik as ’n veilige sone om hul eie rassistiese menings uit te spreek. Dit is hartseer dat hulle aanneem dat ek dit nie afstootlik sal vind nie.”

Verskeie Twitter-gebruikers van Suid-Afrika het @Brad_Kul oor sy twiets geprys.

@Zulu_Kamikaze het getwiet; “Ek dink nie @Brad_Kul besef hoe groot legende hy is vir ons swart Suid-Afrikaners nie, hou aan om die feite te gee, ons luister beslis.”

@Muhle_New het reageer met “as ons maar net almal van hulle kan inruil vir jou . . . almal van hulle, gratis”.

@whatonearthSA het gevra hoekom rassespanning aangeblaas word. “Hallo Brad. Ek vertrou dit gaan goed met jou. Ek sien wit Suid-Afrikaners pla jou. Wat het hulle gedoen om jou só te laat voel? Ek was nog nooit in jou land nie, maar ek het net positiewe indrukke van die Nieu-Seelanders wat ek ken. As mens die gespanne situasie in Suid-Afrika in ag neem, hoekom die haat?”

’n Paar Twitter-gebruikers het gesê Nieu-Seelanders kan nie vinger wys nie weens die geskiedenis van hul eie land. Voorbeelde van diskriminasie teenoor die Maori’s is onder meer genoem.

– News24

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Kiwi  |  Twitter  |  Rassiste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.