Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Witeiland: Eerste lyke uitgeken

’n Veeartsenykundestudent van Australië, Krystal Eve Browitt (21), is een van die eerste mense wie se lyk Saterdag uitgeken is nadat minstens 15 mense op Witeiland, by Nieu-Seeland, dood is toe ’n vulkaan Maandag daar uitgebars het.

Die vulkaniese uitbarsting op Witeiland het tot die dood van minstens 15 mense gelei.Foto: Reuters

Die BBC berig Browitt het die eiland saam met haar familie besoek. Haar pa, Paul, en suster Stephanie, is albei met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. 

The Guardian berig talle Australiese toeriste was op die eiland tydens die vulkaniese uitbarsting.

Minstens tien Australiërs is onder die slagoffers. 20 mense is met ernstige brandwonde in die hospitaal opgeneem.

Twee mense wat in die hospitaal opgeneem is, het weens hul beserings beswyk.

Die Nieu-Seelandse weermag en polisie is tans besig om die lyke van slagoffers van die vulkaniese uitbarsting op Witeiland van die eiliand te verwyder. Foto: Reuters
Ses lyke van mense wat naby die vulkaan se krater was, is eerste van Witeiland verwyder.Foto: Reuters

Nieu-Seelandse weermag- en polisielede het Vrydag, met beskermde kleredrag en gasmaskers, in ’n hoërisiko-operasie ses lyke teruggebring.

Agt mense, wat naby die vulkaniese krater was toe dit uitgebars het, is dood en dit is ses van dié lyke wat eerste van die eiland verwyder is.

Nog lyke is in die water naby die kuslyn gesien, maar kon nog nie uitgehaal word nie omdat die water vergiftig is. Dooie visse dryf in die water en spoel op die land uit.

Duikers moet elke keer as hulle uit die water kom met varswater afgewas word om hul duikpakke te ontgif, sê John Timms, adjunk-polisiekommissaris van Nieu-Seeland, in ’n mediaverklaring.

Lawa, klippe en chemiese stowwe besoedel die water ná die vulkaniese uitbarsting.

Volgens The Guardianwas daar 47 mense, onder wie 24 Australiërs, op Witeiland, ook bekend as Whakaari, toe die vulkaan uitgebars het.

Meer oor:  Witeiland  |  Vulkaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.