Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Withuis ook in betogers se visier na swart man se dood

Die Withuis in Washington is tydelik gesluit weens betogings oor die dood van George Floyd.

Die betogings kom nou oral in Amerika voor, berig CNN.

Floyd (46), ’n swart man, is Maandag in Minneapolis in die deelstaat Minnesota in hegtenis geneem. Met sy inhegtenisname het ’n wit polisieman, Derek Chauvin, met sy knie op Floyd se nek gedruk.

mineapolis
Betogers ruk op na die Withuis. Foto: Reuters
George Floyd Foto: Facebook/George Floyd

’n Video van die voorval wys hoe Floyd herhaaldelik sê hy kan nie asem kry nie. Nadat hy sy bewussyn verloor het, is hy per ambulans na die nabye hospitaal geneem waar hy dood verklaar is.

Reuters sê volgens ’n lykskouingsverslag was Chauvin se knie vir agt minute en 46 sekondes op Floyd se nek.

Chauvin is intussen van moord aangekla en afgedank.

Volgens die Daily Mail is die Withuis tydelik gesluit nadat betogers oor die mure probeer klim het.

CNN berig betogings het reeds in minstens 20 Amerikaanse stede voorgekom. Saterdag is nog 350 troepe in Minneapolis ontplooi om ’n aandklokreël af te dwing wat vir die naweek daar afgekondig is.

Die grootskaalse ontplooiing van polisie gaan ook in ander stede voort.

In Houston is verskeie polisielede beseer en gehospitaliseer. ’n CNN-verslaggewer, Omar Jimenez, en sy span, is ook in hegtenis geneem, maar later weer vrygelaat.

Meer oor:  George Floyd  |  Omar Jimenez  |  Minneapolis  |  Withuis  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.