Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Witeiland: Vulkaan se dodetal al 16

Terwyl reddingswerkers Sondag probeer het om die lyke van twee slagoffers van die vulkaniese uitbarsting op Witeiland in Nieu-Seeland te herwin, is ’n ongeïdentifiseerde man in Australië dood nadat hy verlede Maandag in die uitbarsting beseer is.

Die dodetal ná die vulkaniese uitbarsting kom nou op 16 te staan, met twee slagoffers se lyke wat nog gevind moet word. Nóg 20 mense word in intensiewe sorgeenhede in Nieu-Seeland en Australië behandel, het die BBC Sondag berig.

Daar word gevrees dat die lyke van die laaste twee slagoffers nooit gevind kan word nie, het news.com.au Sondagaand berig.

Lede van ’n duikeenheid het die naweek onverpoosd probeer om lyke aan Nieu-Seeland se ooskus te herwin. Foto: Reuters
Soek-en-reddingspanne moes Sondag onverrigtersake na die Whakatane-lughawe in Nieu-Seeland terugkeer nadat hulle nie die lyke van twee slagoffers van die vulkaniese uitbarsting op Witeiland kon herwin nie. Foto: Reuters

Van diegene wat in die Royal North Shore-hospitaal in Auckland in die intensiewe sorgeenheid behandel is, is drie se toestand kritiek, berig die New Zealand Herald.

Onder die oorledenes is twee tienerjarige broers wat in Amerika gebore is, maar Australiese verblyfreg gehad het.

Soek-en-reddingspanne het die afgelope Saterdag 75 minute lank na ’n lyk in die besoedelde water om Witeiland, of soos dit in Maori bekend staan, Whakaari-eiland, gesoek. Sondag is die soekspanne terug na die eiland om nog twee lyke te herwin, maar kon nie die lyke opspoor nie.

Die eiland, wat in private besit is, is aan die ooskus van Nieu-Seeland geleë en is ’n groot toeriste-attraksie, berig CNN.

Daar was geen waarskuwing dat die vulkaan verlede Maandag sou uitbars nie. Uit die 47 mense wat op die eiland was ten tyde van die uitbarsting was 24 van Australië, nege van Amerika, vyf van Nieu-Seeland, vier van Duitsland, twee van China en een van Maleisië.

’n Minuut van stilte sal Maandag om 14:11 (plaaslike tyd), die presiese tyd wat die vulkaan groot pluime grys rook en as by die vulkaan uitgestoot het, in Nieu-Seeland gehou word ter ere van die slagoffers. – Bronne: BBC, New Zealand Herald, CNN en news.com.au; verwerk.

Meer oor:  Witeiland  |  Nieu-Seeland  |  Slagoffers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.