Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Woods wakker en reageer goed op behandeling ná ongeluk

Tiger Woods is wakker en reageer op mediese behandeling nadat hy Dinsdagoggend (plaaslike tyd) in ’n motorongeluk in Los Angeles beseer is.

Hy was alleen in die motor toe dit by ’n afgrond afgerol het.

In ’n verklaring wat namens Woods op sy amptelike Twitter-rekening uitgereik is, gee die hospitaal ook die jongste inligting oor sy toestand.

“Hy het ’n lang chirurgiese prosedure aan sy regter-onderbeen en -enkel ondergaan nadat hy by die hospitaal aangekom het,” sê dr. Anish Mahajan, mediese hoof en tussentydse uitvoerende hoof van die Harbor-UCLA- mediese sentrum, in die verklaring.

“Mnr. Woods het aansienlike ortopediese beserings aan sy regterbeen opgedoen wat in ’n noodoperasie deur ortopediese traumaspesialiste behandel is.”

Daar was volgens Mahajan oop splinterbreuke aan Woods se kuitbeen (fibula) en skeenbeen (tibia) wat met ’n pen herstel is. Skroewe en penne is ook in Woods se voet en enkel gesit om dit te stabiliseer.

Woods is volgens die verklaring wakker en reageer goed op mediese behandeling.

Intussen het bekendes hul skok oor die ongeluk uitgespreek en hom beterskap toegewens.

Oudpres. Barack Obama van Amerika het gesê as daar een ding is wat ’n mens oor die jare van Woods geleer het, is dit “om nooit te dink hy’s nou nie meer ’n faktor nie”.

barack twiet woods

Die aktrise Jada Pinkett Smith, wat nog Maandag saam met Woods aan ’n opname vir GholfDigest/GolfTV gewerk het, sê: “Ek weet jy is oukei, want in Tiger is ’n sterk dier”.

jada twiet woods

Woods was juis op pad na die verfilming van die program toe die ongeluk gebeur het.

Die gholfspeler Phil Mickelson het op Twitter geskryf hy is baie jammer vir Woods en sy familie omdat hulle deur hierdie moeilike tyd moet gaan.

phil twiet woods

Volgens plaaslike owerhede is daar aanduidings dat Woods te vinnig gery het, maar daar is in hierdie stadium geen ander bydraende faktore wat strafregtelike klagte kan staaf nie.

Alex Villanueva, polisiehoof van die Los Angeles-distrik, het op ’n nuuskonferensie gesê Woods was gelukkig om die ongeluk te oorleef en dat sy veiligheidsgordel hom gered het.

Meer oor:  Tiger Woods  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.