Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Wrak by Cascais ‘groot ontdekking’

Argeoloë het ’n 400 jaar oue skeepswrak aan die kus van Portugal ontdek. Deskundiges sê dit is die “ontdekking van die eeu”.

BBC berig speserye, keramiek en kanonne met Portugal se wapen is langs die wrak gevind. Die wrak is by Cascais naby die Portugese hoofstad, Lissabon, ontdek.

Duikers by een van die kanonne wat by die skeepswrak gevind is.Foto: Reuters
Speserye, keramiek en kanonne met Portugal se wapen op is langs die wrak gevind. Foto: Reuters

Die argeoloë glo die skip was van Indië op pad terug na Portugal toe dit tussen 1575 en 1625 gesink het.

Dit was in die middel van Portugal se spesery-uitruilooreenkoms met Asië.

Die wrak is goed bewaar, het Jorge Freire, projekkoördineerder, aan Reuters gesê.

“Uit ’n erfenis-perspektief is dit die ontdekking van die eeu. In Portugal is die belangrikste ontdekking tot nog toe,” sê hy.

Chinese porselein wat van die laat sestiende eeu en vroeë sewende eeu dateer was ook in die wrak, asook brons artilleriestukke.

Meer oor:  Portugal  |  Ontdekking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.