Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Koronavirus: Getal gevalle spring na meer as 4 500

Die nuwe koronavirus, 2019nCov, wat in China uitgebreek het, het teen Dinsdagoggend al 106 lewens geëis. Altesame 4 515 mense het ook reeds die virus onder lede.

Die Chinese regering het Dinsdag die jongste sterftesyfer bevestig en dat die getal mense by wie die virus gediagnoseer is van 2835 na 4515 gespring het.

Dié dodelike virus wat as die 2019nCov of die Wuhan-virus bekend staan, het einde verlede jaar in Sentraal-China uitgebreek nadat daar vermoedelik met onwettige wildsvleis by ’n markie handel gedryf is.

Die griepagtige virus word deur menslike kontak versprei en dit gebeur nog voordat simptome voorkom. Dit kan longontsteking veroorsaak met simptome wat koors en moeilike asemhaling insluit.

Die virus het in die stad Wuhan in die Hubei-provinsie van China uitgebreek. Benewens die gevalle in China is daar ook in Hongkong, Macau, Taiwan, Thailand, Amerika, Australië, Kanada, Frankryk, Japan, Maleisië, Nepal, Singapoer, Suid-Korea en Viëtnam aangemeld.

Daar is ook laat Maandag aangekondig dat die eerste geval in Duitsland gediagnoseer is. Beiere se gesondheidsdepartement sê die virus is by ’n man van Starnberg, 30 km suidwes van München, gediagnoseer, maar hy is in ’n bestendige toestand.

Geen sterftes is nog buite China aangemeld nie.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het verlede week gesê hy bestempel die virus nog nie as ’n wêreldwye krisis nie, maar dit word deurentyd gemonitor.

Amerika het Maandag ’n waarskuwing aan sy inwoners gerig om nie na China te reis nie, terwyl Kanada ook ’n reiswaarskuwing uitgereik het. Reuters

Die dodetal staan tans op 106 nadat die dodelike nuwe koronavirus, 2019nCov, verlede jaar in China uitgebreek het. Foto: Reuters

Meer oor:  China  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.