Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Yanks kry vakansiedag om vrymaking van slawe te gedenk

Pres. Joe Biden en Kamala Harris, sy vise-president, het Donderdagmiddag (Amerikaanse tyd) ’n wetsontwerp onderteken om 19 Junie ’n federale vakansiedag te maak ter herdenking van die einde van die slawerny van swart Amerikaners.

Die wetsontwerp, wat Woensdag deur die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers aangeneem is ná ’n eenparige stemming in die Senaat, dui op ’n spesifieke dag in 1865 toe ’n weermaggeneraal van die Unie ’n groep slawe in Texas meegedeel het dat hulle twee jaar vantevore tydens die Amerikaanse burgeroorlog begenadig is deur pres. Abraham Lincoln se proklamasie van bevryding.

Die wet kom ’n jaar ná die skokkende dood van George Floyd, ’n swart Amerikaner, deur ’n polisiebeampte van Minneapolis wat tot wêreldwye betogings teen rassisme en polisiewreedheid gelei het.

“Dit is belangrik om emansipasie te herdenk en gewone Amerikaners aan te moedig om met die geskiedenis van slawerny rekening te hou, maar daar is altyd ’n gevaar met hierdie soort dinge dat dit performatief kan wees,” het Matthew Delmont, ’n professor in geskiedenis aan Dartmouth College, wat spesialiseer in die geskiedenis en burgerregte van swart Amerikaners, gesê.

Volgens Delmont sal die nuwe federale vakansiedag ’n mislukking wees as dit slegs herdenk word sonder om mense aan te spoor om ander brandende kwessies soos polisiewreedheid, stemreg en die gaping in welvaart onder verskillende rasgroepe daadwerklik aan te spreek.

Die wet kom ’n jaar ná die skokkende dood van George Floyd, ’n swart Amerikaner, deur ’n polisiebeampte van Minneapolis wat tot wêreldwye betogings teen rassisme en polisiewreedheid gelei het.

Die nuwe vakansiedag in die VSA sal die 11de federaal erkende vakansiedag wees, en sluit aan by ’n lys wat Kersfees, Oujaarsdag, Dankseggings- en Onafhanklikheidsdag insluit asook dae waartydens presidente en die burgerregte-leier Martin Luther King jr., geëer word.

Die inhuldiging van ’n nuwe Amerikaanse president word ook elke vier jaar gevier. – Reuters

Meer oor:  Joe Biden  |  Kamala Harris  |  Vsa  |  Slawe  |  Gedenk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.