Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Ysblok-Boris’ maak Britse premier die josie in

Boris Johnson, Britse premier, het Donderdag vinniger as die ys in Antarktika gesmelt toe “hy” op die Britse uitsaaier Channel 4 “verskyn” het.

Channel 4 het Donderdagaand ’n debat uitgesaai met leiers van die politieke partye wat aan die verkiesing op 12 Desember deelneem. Johnson en Nigel Farage, leier van die Brexit-party, het egter laat weet hulle gaan nie deelneem nie.

Boris Johnson, Britse premier Foto: Reuters

Toe vervang Channel 4 hulle met ysbeelde wat in die warm ateljee weggesmelt het terwyl die ander partyleiers debat voer.

Die Konserwatiewe Party, waarvan Johnson die leier is, was nie geamuseer nie en het Channel 4 van partydigheid beskuldig.

Die nuuswebwerf BuzzFeed het ongeïdentifiseerde bronne in die Konserwatiewe Party aangehaal wat gesê het die party sal ’n hersiening van Channel 4 se bedryfslisensie vra as Johnson die verkiesing wen. Dié lisensie moet in 2024 hernu word.

Die Konserwatiewe Party wou Michael Gove, voormalige minister van omgewingsake, in Johnson se plek na die debat stuur, maar Channel 4 het dié aanbod van die hand gewys omdat die debat vir partyleiers was.

“Sit jul leier, Boris Johnson, saam met die ander leiers en hou op speletjies speel. Moenie weier (om dit te doen) en dan dreig om ons lisensie terug te trek nie,” het Ben de Pear, redakteur van Channel 4 se nuusprogramme, geantwoord nadat die Konserwatiewe Party ’n klag teen Channel 4 ingedien het.

Daar word van Britse uitsaaiers verwag om neutraal te wees ten opsigte van verkiesings.

Dit het Donderdagaand te warm in die ateljee geword vir die ysbeeld wat Boris Johnson, Britse premier, verteenwoordig het. Foto: Reuters


Meer oor:  Boris Johnson  |  Antarktika  |  Klimaatsverandering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.