Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ystervroue pak mekaar in verkiesingstryd

Nieu-Seeland se twee ystervroue het mekaar Dinsdagaand vir die eerste keer in ’n TV-debat gepak met die oog op volgende maand se algemene verkiesing.

Jacinda Ardern, premier, se Arbeidersparty loop volgens die jongste meningspeiling gemaklik voor, maar Judith Collins van die opponerende Nasionale Party wil dit verander.

Die verkiesing vind op 17 Oktober plaas.

Dinsdag se 1News-Colmar Brunton-peiling het bevind Ardern se gewildheid het die afgelope twee maande wel effe gedaal – moontlik omdat die koronavirus weer in die land kop uitgesteek het.

Haar steun staan nou op 48%, vyf persentasiepunte minder as teen einde Julie.

Jacinda Ardern
Jacinda Ardern Foto: Getty Images

Die Nasionale Party se steun het met een persentasiepunt gedaal, tot 31%. Die feit dat dié party ’n nuwe leier het – Collins – het moontlike verdere terugsakking voorkom.

Indien die verkiesing ’n uitslag presies soos hierdie peiling oplewer, beteken dit die Arbeiders sal 62 setels in die parlement hê. Hy sal dan kan regeer sonder om ’n koalisie te vorm.

Die Groen Party het tans steun van 6%, die ACT-party 7% en die New Zealand First Party 2%.

Laasgenoemde is ’n konserwatiewe, populistiese party wat ná die vorige verkiesing sy gewig by die Arbeiders ingegooi het sodat Ardern-hulle wel ’n regering kon vorm.

Judith Collins
Judith Collins Foto: Reuters

Indien hy vanjaar wel net 2% van die stemme kry, kan dit beteken dié party het dalk ná Oktober geen verteenwoordiger in die parlement nie.

Ardern (40) het tot dusver lof tuis en oorsee ingeoes vir die manier waarop sy die Covid-19-pandemie hanteer het, asook vir haar medemenslike optrede ná die aanvalle op twee moskees in Christchurch.

Haar kritici wys wel daarop dat sy in haar eerste termyn nie veel gedoen het aan die gebrek aan huisvesting of kinderarmoede nie en dat sy steeds nie die belastingstelsel hersien het nie.

Collins (61), wat as “Crusher Collins” bekend staan, is die Nasionale Party se derde nuwe leier­ vanjaar.

Sy belowe groot besteding op infrastruktuur, verlaagde belasting en ’n inspuiting vir die ekonomie. – Reuters

Meer oor:  Jacinda Ardern  |  Nieu-Seeland  |  Verkiesing  |  Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.