Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Zim-droom ‘het nagmerrie geword’

Die droom het ’n nagmerrie geword.

Met dié woorde het een van talle teleurgestelde Zimbabwiërs Vrydag hul lot bekla oor die nuus dat die land se nuwe president, Emmerson Mnangagwa, met die aanwysing van sy nuwe kabinet nie weggebreek het van die verlede nie.

Die meeste Zimbabwiërs het gister nie net wakker geword met die nuus dat ministers van oud.pres. Robert Mugabe se vorige kabinette weer daarin opgeneem is nie, maar ook dat vooraanstaande lede van die weermag ook as ministers aangewys is.

Talle het verwag dat Mnangagwa, wat verlede Vrydag te midde van groot hoop beëdig is, die nuwe kabinet sal gebruik om brûe in die politiek verdeelde Zimbabwe te bou en die boodskap te versterk dat die land ’n nuwe rigting gaan inslaan nadat hulle jare onder Mugabe van die een krisis tot die volgende gesteier het.

Die hoof van Zimbabwe se lugmag, Perrance Shiri, is nou die nuwe minister van landbou. Brig.genl. Sibusiso Moyo, wat op 15 November die nuus op Zimbabwe se staatstelevisie gebreek het dat die weermag die land oorgeneem het – is die nuwe minister van buitelandse sake.

Die luim op Zimbabwe se lewendige sosiale media-platforms was gister bedruk.

“Dit lyk na die onverwagte realiteit waarvan ek gepraat het. En die Zimbabwiese droom het in ’n nagmerrie ontaard, so dis aaklig om te slaap en ewe verskriklik om wakker te wees,” het @SiphoMalunga getwiet.

Talle het verwag dat Mnangagwa, wat verlede Vrydag te midde van groot hoop beëdig is, die nuwe kabinet sal gebruik om brûe in die politiek verdeelde Zimbabwe te bou en die boodskap te versterk dat die land ’n nuwe rigting gaan inslaan nadat hulle jare onder Mugabe van die een krisis tot die volgende gesteier het.

Daar was selfs sprake dat Mnangagwa lede van opposisiepartye in sy kabinet sou opneem.

Presidensiële woordvoerder George Charamba sê egter dat die beroep op nog ’n eenheidsregering nou, onprakties is, met verkiesings wat net om die draai lê.

Maar dit was nie só bestem nie.

“Die meeste van die mense in dié nuwe kabinet het geen nuwe verfrissende idees om lewe te blaas in die komateuse ekonomie nie,” het Obert Gutu, woordvoerder van Morgan Tsvangirai se MDC-party gesê.

Gutu sê die nuwe kabinet wys dat daar “absoluut geen grondliggende verandering in die regering se benadering op die pad vorentoe gaan wees nie”.

Tendai Biti, wat tydens die koalisie-regering vanaf 2009 tot 2013 minister van finansies was en beskou word as die man wat die ekonomie gestabiliseer het, het op Twitter geskryf: “Tot nou toe het ons die staatsgreep die voordeel van die twyfel gegee. Ons het dit gedoen in die opregte, dalk naïewe beskouing dat die land in der waarheid vorentoe kan beweeg. Hoe verkeerd was ons nie.”

Presidensiële woordvoerder George Charamba sê egter dat die beroep op nog ’n eenheidsregering nou, onprakties is, met verkiesings wat net om die draai lê.

“As mens kyk na die verkiesingskedule is dit plus-minus ses maande van nou af, en dit sal sekerlik nie sin maak om hieroor (’n regering van nasionale eenheid) te praat vir daardie oorblywende maande nie,” het Charamba Vrydag aan die staastbeheerde dagblad die Herald gesê.

“Partye moet hulself gereed kry vir die verkiesings,” het hy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.