Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Zim, Mosambiek se presidente knip reise kort ná sikloon

Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe en pres. Filipe Nyusi van Mosambiek het hul oorsese reise kortgeknip nadat minstens 150 mense in die suidelike dele van Afrika dood is in die verwoesting wat deur sikloon Idai veroorsaak is.

Albei presidente het reise onderneem net toe die sikloon hul onderskeie lande getref het, berig AP, waarna hulle hewige kritiek oor die reise uitgelok het.

Honderde mense was Sondag steeds vermis terwyl duisende mense glad nie toegang tot telefone of paaie het nie.

sikloon
Die sikoon het verwoesting in Zimbabwe gesaai. Foto: Twitter/ MSF Zimbabwe

Minstens 1,5 miljoen mense is reeds deur die sikloon geaffekteer nadat dit Mosambiek Donderdag getref het, waarna dit na Zimbabwe oorbeweeg het, berig The Guardian.

Celso Correia, Mosambiek se minister van omgewingsake, sê dit is seker die grootste natuurlike ramp wat Mosambiek nog getref het.

"Alles is vernietig. Mense se lewens is nou ons grootste prioriteit."

Die Zimbabwe Herald berig dat Mnangagwa 'n noodtoestand in sekere gebiede afgekondig het. 

Meer oor:  Filipe Nyusi  |  Emmerson Mnangagwa  |  Mosambiek  |  Zimbabwe  |  Verwoesting  |  Dood  |  Sikloon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.