Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Zim se kitskosplekke trek swaar

KFC en ander kitskosrestaurante in Zimbabwe kan nie voorrade koop nie weens ’n tekort aan Amerikaanse dollars wat baie restaurante dwing om hul deure te sluit.

’n KFC-restaurant in Bulawayo het ’n kennisgewing opgesit wat sê dit is tot verdere kennisgewing gesluit, “omdat ons nie voorraad van ons verskaffers kan kry nie, want hulle benodig Amerikaanse dollars,” berig Pindula.

Chicken Inn in Bulawayo se hoender het ook opgeraak.

Personeel het gesê hulle is nie seker wanneer hulle weer voorraad gaan kry nie.

Dieselfde lot het St. Elmo’s Pizza getref.

Volgens Time.com is dié sluitings die nuutste in ’n golf van probleme wat veroorsaak word deur Zimbabwe se krisis met sy buitelandse geldeenheid wat die prys van basiese kommoditeite buitensporig opjaag.

Sommige winkels se noodsaaklike produkte het opgeraak.

Apteke het nie meer diabetes- en bloeddrukmedisyne nie.

Die hoof van ’n kleinhandelvertakking sê daar is “paniek” in die mark weens gefrustreerde verbruikers wat alles beskikbaar koop.

Regeringsamptenare ontken egter ’n tekort aan kommoditeite in die land en sê die krisis het uit “gierigheid” ontstaan.

Hiperinflasie het Zimbabwe gedwing om sy eie geldeenheid, die Zimbabwiese dollar, in 2009 te vervang en te omskep in buitelandse kontant.

Meer oor:  Zimbabwe  |  Kitskosplekke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.