Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Zimbabwe se onderwysers terug op hul pos

Die onderwysers in Zimbabwe het hul nasionale staking om ’n beter salaris afgelas, het die vakbonde Sondag gesê. Hulle dreig egter om weer te begin staak indien die regering nie gehoor aan hul eise gee nie.

Die onderwysers het op 5 Februarie begin staak nadat onderhandelinge met die regering ’n dooiepunt bereik het.

Hul vakbonde het met Paul Mavima, minister van onderwys, vergader en ooreengekom dat onderwysers weer Maandag by hul skole sal aanmeld.

zimbabwe, skool, leerling
'n Leerling wag op 8 Februarie, tydens die staking, vir sy bus skooltoe. Foto: Reuters

Die twee grootste vakbonde, die Zimbabwean Teachers’ Union en die Progressive Teachers’ Union of Zimbabwe (PTUZ), sê die regering moet introspeksie doen en met goeie en deurdagte oplossings vorendag kom.

Die vakbonde sê indien dít nie gebeur nie, sal die onderwysers weer staak.

Die staatsdienswerkers eis ’n loonverhoging en betaling in dollar om die stygende inflasie en die ekonomiese krisis in Zimbabwe die hoof te bied. – Reuters

Meer oor:  Zimbabwe  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.