Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Zimbabwe: Vakbondleiers in hegtenis, polisie ontplooi

Daar is ’n groot polisieteenwoordigheid in Harare, hoofstad van Zimbabwe, om te keer dat beplande betogings teen die benarde ekonomiese toestand in die land voortgaan.

Intussen is vakbondleiers en aktiviste wat die betogings teen die regering beplan volgens Zimbabwe Lawyers for Human Rights (ZLHR) in hegtenis geneem.

Die organisasie het Donderdagoggend getwiet hulle het hul lede na Mutare gestuur, waar lede van die Zimbabwe Congress Trade Union (ZCTU), glo by die polisiekantoor aangehou word.

Volgens ZCTU se twiets is 20 mense in Mutare en 13 in Masvingo deur die polisie aangekeer.

News24 het vroeër berig die polisie het onderneem om enige betogings in die kiem te smoor weens ’n cholera-uitbreking.

ZCTU maak kapsie teen skerp prysstygings, nuwe belasting op elektroniese transaksies en daaglikse tekorte aan van brandstof tot medisyne.

“Ons gaan die howe nader. Ons dink nie die polisie het ’n wetlike rede (om betogings te verbied nie),” het Peter Mutasa, president van ZCTU Dinsdag gesê, berig Buluwayo24News.

Daar is gerugte dat Mutasa ook intussen in hegtenis geneem is.

Cain Mathema, minister van binnelandse sake, het beklemtoon dat die polisie enige betogings sal stopsit.

Mathema sê dat hoewel Zimbabwiërs die reg het om te betoog, moet daardie reg binne die perke van die wet beoefen word.

Intussen berig ZWNews dat pres. Emmerson Mnangagwa hewig steun op sy amptenare om die ekonomie te herstel.

Simon Khaya Moyo, woordvoerder van die regerende party, het Dinsdag in ’n verklaring “eksterne magte” blameer vir die swak ekonomie.

Zimbabwe se ekonomie het ’n laagtepunt bereik in die afgelope dae met winkels wat sukkel om rakke met voorraad te vul. Pryse van goedere soos kookolie het drasties gestyg weens verbruikers wat paniekerig voorrade aankoop en toue by vulstasies is buitengewoon lank.

Belasting van 2c vir elke dollar van elektroniese betalings is verlede week ingestel in ’n poging om die sukkelende ekonomie te help.

Meer oor:  Zimbabwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.