Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
2 Amerikaners en ’n Brit wen Nobelprys vir medisyne

Die 2019-Nobel-medisyneprys is aan twee Amerikaners en Brit toegeken.

Hulle het ’n molekulêre “skakelaar” ontdek wat reguleer hoe selle in die liggaam aanpas by fluktuerende suurstofvlakke, wat kan lei tot nuwe benaderings in die behandeling van hartversaking, anemie en kanker.

Gregg Semenza van Johns Hopkins-universiteit, is een van twee Amerikaners wat die Nobelprys vir medisyne ontvang het. Hy het Maandag ’n nuuskonferensie in Baltimore, Maryland in Amerika toegespreek. Foto: Reuters
William Kaelin, van die Dana-Farber-kankerinstituut en Harvard mediese skool in Amerika praat Maandag op ’n nuuskonferensie in Boston, Massachusetts, in Amerika. Foto: Reuters

William Kaelin, van die Dana-Farber-kankerinstituut en Harvard mediese skool in Amerika, het gesê hy was oorweldig deur die oproep in die vroeë oggendure om hom in te lig dat hy en twee ander dokters, Gregg Semenza van Johns Hopkins-universiteit, en Peter Ratcliffe van Oxford-universiteit, die prys wat prysgeld van 9 miljoen Sweedse krone (R13 miljoen) insluit, ontvang het.

“Ek kry nie gewoonlik oproepe vyfuur in die oggend nie, maar ek het geweet dit is ‘Nobel-Maandag’, so dit was óf iemand met slegte tydsberekening óf iemand met baie goeie nuus,” het hy aan Reuters gesê. “My hart het vinniger geklop. Dit was onwerklik!”

Ratcliffe, wat ook die direkteur van kliniese navorsing aan die Francis Crick-instituut in Londen is, het in ’n verklaring gesê hy voel “geërd en verheug”.

Peter Ratcliffe van Oxford-universiteit.Foto: Oxford University via Reuters

Die werk wat die wetenskaplikes doen het die basis daargestel vir ’n beter begrip van hoe suurstofvlakke deur selle in die menslike liggaam waargeneem word. Dit is’n ontdekking wat verder deur mediese navorsers verken word wat behandelings vir verskeie siektes ontwikkel. Die siektes ter sprake werk deur óf die liggaam se suurstof-waarnemingsmasjinerie te blokkeer óf te aktiveer.

Hulle werk is gegrond op die hipoksiese reaksie – hoe die liggaam reageer op suurstofvloei – en het “die elegante meganisme onthul wat ons selle gebruik om suurstofvlakke waar te neem en daarop te reageer”, het Andrew Murray, ’n kenner by Brittanje se Cambridge-universiteit gesê. Hy het die drie wenners ook geluk gewens.

Die medisyneprys is die eerste Nobelprys wat elke jaar sedert 1901 uitgeloof word vir prestasie in ’n verskeidenheid kategorieë wat wetenskap, vrede, en literatuur insluit.

Dit is geskep in die testament van Alfred Nobel, die uitvinder van dinamiet.

Meer oor:  Wetenskap  |  Medisyne  |  Nobelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.