Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
2 wyfiemuise kry eie babas met g'n sperm in sig

Kenners het daarin geslaag dat twee wyfiemuise saam gesonde kleintjies kon kry sonder dat daar ’n spermsel in sig was.

Dié werk is Donderdagmiddag bekend gemaak deur navorsers van die Chinese Akademie van Wetenskappe in die vaktydskrif Cell Stem Cell. Die kleintjies, ook wyfies, was nie net gesond nie, hulle het later self kleintjies gekry.

Hierdie babamuise is die produk van twee wyfies se biologiese materiaal wat saam gebruik word vir die muise om gebore te word. Geen spermselle van ’n mannetjie is gebruik nie. Dié kleintjies het later self suksesvol voortgeplant. Foto: Leyun Wang

Die kenners het ook dieselfde reggekry met twee mannetjiemuise, maar dié twee se kleintjies – wyfies en mannetjies – het net ’n paar dae geleef. Dié proses was tegnies moeiliker en vir die voorplanting moes ’n eiersel sonder vroulike DNS, en ’n surrogaat-ma gebruik word. Die genetiese materiaal was egter net afkomstig van die twee mannetjies.

Haploïede embrioniese stamselle is gebruik.

Die meeste van die selle in ’n mens se liggaam is diploïed, wat beteken daar is twee stelle chromosome. Een van elke ouer.

Met die muise is haploïede embrioniese stamselle, wat die helfte van die chromosome en DNS van een wyfie bevat, geneem. Dit is in die eierselle van ’n ander wyfie ingespuit om die babas voort te bring.

Dit is egter moeiliker as dit; indien ’n soogdier nie genetiese materiaal van die ma sowel as die pa ontvang nie, kan daar abnormaliteite voorkom. Sommige gene skakel af; wat bekend staan as genetiese inprenting.

Drie areas van die genoom wat die inprenting doen, is voor die tyd uit die haploïede embrioniese stamselle verwyder.

Daar is 29 muise van 210 embrio’s gebore, en dié muise, wat almal wyfies is, het toe self uiteindelik kleintjies gekry – op die gewone manier.

Dié haploïede embrioniese stamselle is ook baie dieselfde as die oervoorplantingsmetodes voordat sperm- en eierselle ontwikkel het.

12 kleintjies is gebore nadat die genetiese materiaal van twee mannetjies gebruik is. Die haploïede embrioniese stamselle wat een mannetjie se DNS bevat, is geneties aangepas en sewe areas wat met inprenting verband hou, is verwyder. Dit is saam met die ander mannetjie se spermselle ingespuit in ’n eiersel waarvan al die vroulike DNS verwyder is.

Só is embrio’s geskep wat net manlike DNS van twee mannetjies bevat. ’n Surrogaat het die kleintjies in die lewe gebring.

Meer oor:  Cell Stem Cell  |  Wetenskap  |  Muise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.