Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
3 vertrek op sending na Chinese ruimtestasie
Die tuig met drie Chinese ruimtevaarders aan boord word Donderdagoggend in die Gansoe-provinsie in China gelanseer. Foto: Reuters

Drie Chinese ruimtevaarders het Donderdag na die ruimte vertrek om te gaan werk aan hul land se ruimtestasie, wat nog onder konstruksie is.

Die ruimtetuig met die bemanning is Donderdag omstreeks 09:00 (Beijing se tyd) in die Gansoe-provinsie in China gelanseer.

Dit is ’n historiese sending vir China omdat dit die eerste bemande vlug na die ruimtestasie in die konstruksiefase is, berig Reuters.

Dit staan as die Sjenzjoe-12-sending bekend en is die derde van 11 sendings, waarvan vier beman sal wees, om die ruimtestasie te voltooi. Die konstruksie van die ruimtestasie het in April begin met die lansering van Tianhe, die eerste en grootste van drie modules.

Die ruimtevaarders, Nie Haisjeng (56), Lioe Boming (54) en Tang Hongbo (45), gaan drie maande lank werk aan die ruimtestasie, wat ’n bietjie langer as ’n bus is. Dit is die langste wat enige Chinese ruimtevaarder nog in die ruimte sal wees.

Hul geestes- en fisieke gesondheid sal deurentyd gemonitor word ter voorbereiding van ’n volgende sending, wat moontlik ses maande sal duur. – Reuters

Meer oor:  China
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.