Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
9 van SA vir 14 maande na Antarktika
SA Agulhas II
’n Ma troos haar twee kinders Donderdag voor die SA Agulhas II, waarop hul pa die oggend van Kaapstad na Antarktika vertrek het. ’n Span van nege Suid-Afrikaners gaan die volgende 14 maande in Antarktika deurbring en ook aan ’n internasionale ekspedisie na die Weddell-see deelneem. Foto: Adrian de Kock

Spanlede van Suid-Afrika het Donderdag op die SA Agulhas II na Antarktika vertrek, waar hulle aan ’n groot ekspedisie met verskeie lande in die Weddell-see gaan deelneem.

Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, het die oggend vir die span van nege Suid-Afrikaners sterkte toegewens met dié reis, waarna hulle 14 maande in die navorsingbasis van die Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (Sanae) gaan deurbring.

Die span gaan onder meer data oor die temperatuur van die seeoppervlak en vlakke van suurstof en koolstofdioksied oor lang termyn insamel om klimaatsverandering beter te verstaan en by te dra tot navorsing.

Daarby gaan die navorsingskip die SA Agulhas II deel wees van die “historiese” internasionale ekspedisie na Weddell-see, wat kenners uit verskeie vakgebiede insluit.

Dit sal oor 45 dae in Januarie en Februarie 2019 plaasvind om afgeleë dele van die see te verken en data in te samel vir die bewaring van die gebied, asook om die uitwerking van klimaatsverandering beter te verstaan.

Navorsers sal onder meer die natuurlewe en omgewing bestudeer, asook die bodem van die see en die gedeeltes onder die ysbank.

Duikbote wat met afstandbeheer werk, is saam op die SA Agulhas II vir dié ekspedisie geneem.

Afhangend van die toestand van die ysbank sal dié vaartuie gebruik word om die wrak van sir Ernest Shackleton se skip Endurance te vind en ’n opname daarvan uit te voer, ná die skip in 1915 in die Weddell-see onder die ys verlore gegaan het.

Meer oor:  Antartika  |  Sa Agulhas Ii  |  Seevaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.