Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Komeet se molekules lewer vonds
Philae het dié foto van homself in November 2014 na die aarde teruggestuur voordat sy batterye pap geraak het. Dit was die eerste tuig ooit wat op ’n komeet geland het. Foto: ESA

KAAPSTAD. – Die eerste sending na ’n komeet het altesaam sestien organiese verbindings daarop gevind.

Ná ’n reis van langer as tien jaar het die tuig Rosetta op 12 November verlede jaar die klein landingstuig Philae losgelaat wat sewe uur later op die komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko geland het.

Philae het twee keer in die donker gebons en teen ’n rotswand te lande gekom. Hy kon nie sy batterye in die son laai nie en was net 64 uur lank aktief, maar wetenskaplike waarnemings kon wel in dié tyd gedoen word.

Lees ook: Klein tuig op komeet ​se sein is weer stil

Die resultate van dié sending is gisteraand in sewe navorsingsartikels in die vaktydskrif ­Science bekend gemaak.

Dit was die eerste keer ooit dat die mensdom ’n tuig op ’n komeet laat land het.

Lees ook: Tuigie word wakker uit sy slaap op komeet

Dit is onder leiding van die Europese Ruimteagentskap (ESA) gedoen.

’n Instrument aan boord van Philae het sowat 10 km bo die planeet molekules versamel voordat die tuig die eerste keer op die komeet geland het.

Daarna het Philae nog twee keer molekules versamel – toe hy die eerste keer op die komeet geland, maar weggebons het, en toe hy uiteindelik ’n ent verder uiteindelik te lande gekom het.

Lees ook: Komeet-t​uig ‘ontwaak’

Metielisosianaat, asetoon, propionaldehied en asetamied is vier verbindings wat nie voorheen bekend was dat dit op komete voorkom nie.

Daar is ook gesien dat die landskap op die komeet deur winderosie gevorm word.

Op die oppervlak is daar ’n dun lagie stofryke ys en daaronder baie harde rots en ys.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.