Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
SA se prof. Abdool Karim saam met Fauci van VSA vereer
Prof Salim Abdool Karim. Foto: Argief
Dr. Anthony Fauci. Foto: AP

Een van die land se voorste wetenskaplikes en voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19, prof. Salim Abdool Karim is saam met dr. Anthony Fauci, Amerika se topkenner van aansteeklike siektes, met die John Maddox-prys vir die bevordering van wetenskap bekroon.

“Hulle is die gesamentlike wenners vir 2020 uit erkenning vir hulle werk as vooraanstaande regeringsraadgewers oor gesondheid tydens die Covid-19-pandemie en hulle uitsonderlike kommunikasie aan die publiek en beleidsmakers oor die wetenskap agter Covid-19,” lui die aankondiging op die webtuiste sensaboutscience.org.

Die John Maddox-prys word die afgelope nege jaar toegeken deur die liefdadigheidsorganisasie, Sense about Science en die vaktydskrif Nature. Die prys van £3 000 gee erkenning aan ’n individu(e) wat in die openbaar opstaan vir grondigewetenskap.

Abdool Karim en Fauci is uit meer as 100 nominasies uit 34 lande gekies.

Beide is vereer vir hulle toewyding om die publiek die wetenskap agter verwikkelde en omstrede gesondheidskwessies te help verstaan en ook hoe wetenskap regeringsbesluite beïnvloed. Abdool Karim “het ’n reputasie vir helder eerlike kommunikasie, wat hom in staat gestel het om openbare vertroue te skep in snel-bewegende wetenskap. Hy word internasionaal gerespekteer vir sy voorspraak vir wetenskap en sy interaksie met die media en publiek het ’n integrale deel van sy rol as wetenskaplike geword,” lui die aankondiging.

Abdool Karim en Fauci se prestasies rondom MIV/Vigs word ook uitgesonder.

Abdool Karim sê die prys is ’n groot eer. “Na twee dekades waarin MIV/vigs-ontkenning wetenskaplik uitgedaag is, blyk dit die Covid-19-pandemie is ’n baie groter uitdaging. Om wetenskaplike raad oor Covid-19 te verskaf te midde die onsekerheid en angs was ’n moeilike pad maar een waarmee geredelik vordering gemaak is deur getrou te bly aan wetenskaplike bewyse sonder om voor ideologie of belange te buig. Om die publiek tydens twee pandemies te dien deur wetenskap te bevorder is ’n voorreg.”

Hy het op Twitter gesê hy voel geëerd om die prys met Fauci, “ ’n kollega van baie jare en ’n vriend,” te deel.

“Dit is ons plig as wetenskaplikes om met integriteit te praat, deur bewyse gelei te word en die publiek eerlik in te lig,” lui die twiet.

Meer oor:  Anthony Fauci  |  Salim Abdool Karim  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Wetenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.