Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Bakterie kos man arm

’n Vleisvretende bakterie in soesji en ander rou visdisse kan ’n mens jou ledemate of selfs jou lewe kos, is daar bevind in ’n studie wat in die New England Journal of Medicine gepubliseer is.

CNN berig ’n 71-jarige man van Suid-Korea het ’n ernstige infeksie opgedoen nadat hy rou vis geëet het wat nie reg voorberei was nie.

Die man ly aan tipe 2-diabetes en hoë bloeddruk en ontvang dialise weens nierversaking.

Sowat 12 uur ná die vismaaltyd het hy ’n hoë koors en ’n folterende pyn in sy linkerhand gekry en twee dae later is hy in die hospitaal opgeneem. Teen daardie tyd het ’n bloedblaas van tot 4,5 cm lank op sy linkerhandpalm gevorm en groot waterblase bo-op sy hand en voorarm.

Volgens Health.com het die dokter die hand geopereer en die vleisvretende Vibrio vulnificus-bakterie daarin gekry. Dit veroorsaak simptome soos naarheid, diarree en maagpyn.

Die man se voorarm moes uiteindelik geamputeer word.

Luidens die mediese verslag is ’n ander 71-jarige in Junie dood nadat hy rou oesters geëet het.

Volgens die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en voorkoming kry sowat 80 000 mense jaarliks vibriose, waarvan 52 000 gevalle deur besmette voedsel veroorsaak word. Sowat 100 persone sterf jaarliks daaraan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.