Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Bloedsiekte van konings nou verlig
Mense met hemofilie bloei spontaan of maklik ná enige trauma. Die plekke waar dit maklik bloei, is die gewrigte, weefsel, brein of oë. Dit is ’n genetiese bloedsiekte wat net mans siek maak en vroue is die draers. Foto: Wits

’n Nuwe middel kan mense wat aan die bloedsiekte hemofilie A ly, help.

Prof. Johnny Mahlangu, hematoloog en hoof van die skool vir patologie aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), is die hoofnavorser van dié studie wat in die vakjoernaal New England Journal of Medicine verskyn het.

Die navorsing het gewys ’n nuwe proteïen, emicizumab (met die handelsnaam Hemlibra), kan onder die vel toegedien word, eerder as binneaars. Die middel veroorsaak ook nie ’n immuniteitsrespons wat verhinder dat die bloed stol nie.

Prof. Johnny Mahlangu, hematoloog en hoof van patologie aan die Universiteit van die Witwatersrand. Foto: Wits

Pasiënte met dié toestand bloei spontaan, met of sonder trauma, veral by die gewrigte, maar daar kan ook bloeding op die brein, in die weefsel en oë voorkom. Dit is lewensgevaarlik en sleg vir organe.

Net mans ly daaraan en vroue is die draers van dié genetiese toestand. Die seun van tsaar Nikolaas II en tsarina Alexandra van Rusland, Alexei, is ’n bekende geval. Dié genetiese toestand kan teruggespoor word na koningin Victoria, wat ook ’n draer was. Sy was Alexandra se ouma aan moederskant. Hemofilie A kom voor in die Europese koninklike stamboom omdat dié mense aan mekaar verwant is.

Hemofilie A veroorsaak dat die liggaam nie bloedklonte kan maak sodat bloed kan stol nie. Mans wat hieraan ly, moet elke week twee of drie keer ’n binneaarse behandeling ondergaan om die proteïen wat afwesig is te vervang. Dit is ’n stollingsfaktor (faktor VIII) wat voorkomend gegee word.

Maar dit moet binneaars gegee word en dit is moeilik om are te kry in kinders. Die ander probleem is dat faktor VIII ’n immuniteitsreaksie kan veroorsaak en teenliggaampies vorm, wat maak dat die behandeling nie help nie.

Die nuwe proteïen hoef nie binneaars toegedien te word nie, en kan aan 12-jariges en ouer gegee word. Dit het bloeding in 96% van die pasiënte wat aan ’n kliniese studie deelgeneem het verminder met net ’n weeklikse toediening. Die voorkoms van bloeding het ook gedaal.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.