Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Bloodhound ruik teen 801 km/h spoed!

Die Bloodhound- supersoniese motor het Woensdag teen 801 km/h behoorlik stof opgeskop toe dit oor Hakskeenpan gejaag het.

Ian Warhurst, eienaar van die Bloodhound, sê hy het uiters trots gevoel toe hy die motor op die pan sien verbysnel en die klank deur hom voel vibreer.

“Dit was wonderlik om te sien dat alles werk en goed verloop. Die span werk verskriklik hard.”

Andy Green, Britse lugmagvlieënier, het vir die sewende toetsrit agter die titaniumstuurwiel gesit.

Warhurst sê soos met elke toetsrit leer hulle elke dag meer.

“Die toetsrit was net ná 14:00, wat reeds te warm was. Dit was sowat 36 °C. Net nadat Andy klaar gery en die enjin besig was om af te koel, het ’n brandalarm in die enjin afgegaan. Dit was nie ’n brand nie, maar meer as 180 °C in die kompartement. Dit stel ons gerus dat die sensors darem korrek werk,” sê hy.

“Ons het besef dat die toetslopies voortaan soggens vroeg gedoen moet word wanneer dit koeler is. Ons gaan nog baie toetslopies doen en die spoed elke keer met 80 km/h verhoog. Ons weet nie by watter spoed ons sal ophou nie.”

In elke toetsrit word waardevolle data ingesamel om die motor vir volgende jaar se landspoed-rekordpoging voor te berei om 1 200 km/h te haal.

Die span het ook vasgestel dat die stof wat oor die motor stroom, presies lê waar hulle dit in die beplanningsfase voorsien het.

Warhurst sê hulle samel baie data in oor die aërodinamika van die motor wat nou ontleed word.

Die motor is nou net met ’n straalenjin toegerus, maar volgende jaar sal die vuurpyl ook op die motor gemonteer wees.

Meer oor:  Bloodhound
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.