Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Daar is steeds min vroulike wetenskaplikes

Daar is steeds te min vroue in wetenskap en kollektiewe optrede om dit reg te stel, sê prof. Tawana Kupe, visekanselier en rektor van die Universiteit van Pretoria (UP).

Hy het Woensdag gepraat op ’n webinaar oor Vroue in Wetenskap wat deur die UP aangebied is en gesê data dui daarop dat net 29,3% van wetenskaplikes wat wêreldwyd in navorsing en ontwikkeling werk, vroue is.

Prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer en hoogleraar aan die Universiteit Stellenbosch (US), was die genooide spreker en het gepraat oor die stelsel van sosiale geregtigheid.

Prof Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, was Woensdag die gasspreker tydens ’n webinaar oor Vroue in Wetenskap wat aangebied is deur die Universiteit van Pretoria. Foto: Argieffoto

Sy het gesê sosiale geregtigheid gaan oor die omhelsing van menslikheid in elke mens. “Dit word weerspieël in gelyke genot van alle menseregte en vryhede.

Gelykheid gaan om gelyke oorweging,” het sy gesê.

Madonsela sê die optog in 1956 teen paswette toe meer as 20 000 vroue na die Uniegebou opgeruk het, was ’n optog van hoop en dit het bewys dat vroue ’n rol speel deur sosiale ongeregtigheid te oorkom.

Madonsela het baanbrekers soos Florence Nightingale, wat bygedra het tot die ontstaan van verpleging, Charlotte Maxeke, die eerste swart vrou van Suid-Afrika wat ’n graad bekom het, Helen Keller, wie se gestremdhede haar nie beperk het nie, en Marie Curie, die eerste vrou wat ’n Nobelprys gewen het, geëer.

“Geregtigheid gaan daaroor om saam te groei. Moenie jouself definieer deur die beperkinge wat mense vir jou stel nie. Glo in jouself en jou ideale en kom ons maak die volgende dekade ’n dekade van sosiale geregtigheid.”

Meer oor:  Universiteit Van Pretoria  |  Vrouemaand  |  Wetenskap  |  Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.