Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Dampe van e-sigarette is ook skadelik vir roker

Die dampe van elektroniese sigarette bevorder die produksie van inflammatoriese chemiese stowwe in die longe. Dit beskadig ook selle wat die longe teen skadelike deeltjies beskerm.

Dié bevindings is in die vakjoernaal Thorax gepubliseer.

In ’n studie is bevind dat die dampe skade veroorsaak aan die alveolêre makrofages in die longe, wat onder meer stofdeeltjies, bakterieë en allergene omvou. Dit is ’n soort beskermingsmeganisme van die longe.

Tot nou toe het die studies meer klem gelê op die chemiese samestelling van die vloeistof wat in elektroniese sigarette gebruik word, as op die dampe self.

Die navorsing is gedoen nadat weefsel bestudeer is van mense wat nog nooit gerook het nie en wat geen longsiektes het nie. Die selle is toe blootgestel aan die dampe.

Ná 24 uur was die selle wat blootgestel is aan dampe se vermoë om bakterieë aan te val verminder, hoewel dit met anti-oksidante herstel kon word.

Volgens die studie is elektroniese sigarette wel veiliger as gewone sigarette, maar kan dit steeds op lang termyn skadelik wees. Daar is ook nog nie soveel navorsing daaroor gedoen nie.

Wat betref die molekules wat kanker veroorsaak, vergeleke met gewone sigarette, is daar minder in elektroniese sigarette, blyk uit die studie.

Meer oor:  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.