Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Diabetes verhoog kanse om sekere kankers te kry

Diabetes word verbind met ’n verhoogde risiko om ’n aantal kankers te kry, asook ’n kleiner kans om kanker te oorleef.

Dié bevinding is voorgelê op die jaarvergadering van die Europese Vereniging vir die Studie van Diabetes (EASD) nadat 450 000 mense met diabetes vir sewe jaar lank vergelyk is met twee miljoen ander mense.

Navorsing wys mense met diabetes het ’n groter kans om kanker op te doen. Foto: Pixabay

Vir algemene kankers, soos kolorektale kanker, het mense met tipe-2-diabetes ’n 20%-groter kans om dit te kry, en ’n 5%-groter kans om borskanker te kry.

Indien mense met diabetes met kanker gediagnoseer word, vaar hulle slegter, en hul kanse is 25% groter om aan borskanker te sterf, en 29% groter om aan prostaatkanker te sterf.

Vorige navorsing het aangedui daar is ’n verband tussen tipe-2-diabetes en kanker, maar dié studie was tot nou toe die grootste in sy soort.

Mense met diabetes se kans om lewerkanker te kry is 231% keer groter as dié sonder diabetes. Die persentasies vir ander kankers is: pankreas (119%), baarmoeder (78%), penis (58%), nier (45%), maag (21%) en blaas (20%).

Die aantal mense met tipe-2-diabetes het die afgelope 30 jaar verdubbel. Soveel as 415 miljoen mense wêreldwyd ly daaraan.

Om oorgewig te wees word ook verbind met kanker.

Kenners is nog nie seker wat presies die meganisme is wat tipe-2-diabetes met kanker verbind nie, maar vetsug en dieet blyk twee van die merkers te wees.

Meer oor:  Gesondheid  |  Diabetes  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.