Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Dit was amper, maar helikopter op Mars weer op koers

’n Navigasiefout in sy tydsberekening het effense probleme vir Ingenuity, Nasa se Mars-helikopter, veroorsaak. Maar ná dié eerste groot probleem sedert hy daar begin vlieg het, kon die tuigie veilig land.

Amptenare van die Jet Propulsion-laboratorium het Donderdag gesê die probleme het Saterdag sowat ’n minuut ná sy sesde toetsvlug op ’n hoogte van 10 m begin. Een van die talle foto’s wat ’n kamera op die tuig geneem het, het nie in die stelsel geregistreer nie en verwarring oor die ligging veroorsaak.

Nasa se Ingenuity-helikopter, wat op 7 April afgeneem is. Foto: NASA/JPL-Caltech/ASU/MSSS

Ingenuity het tot soveel as 20° vorentoe en agtertoe gekantel en selfs kragstuwings ondervind, het Havard Grip, hoofvlieënier van die tuig, gesê.

’n Ingeboude stelsel om bykomende speling vir stabiliteit te bied het tot “sy redding gekom”, het Grip op Nasa se webwerf geskryf. Die helikopter het veilig binne 5 m van sy beoogde landingsplek geland.

Die BBC het vroeër berig dat die eerste vier vlugte van die helikopter so suksesvol was dat dit voortaan operasioneel aangewend gaan word. Dit beteken dat die helikopter Nasa se Perseverance-voertuig sal ondersteun en in sy soektog na enige tekens van lewe op die Rooi Planeet gaan help. The Guardian, Phys.org, mars.nasa.gov


Meer oor:  Nasa  |  Mars  |  Helikopter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.