Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Groot IAU-kongres in Kaap gehou in 2024

Die wêreld se grootste en noemenswaardigste astronomie-kongres word vir die eerste keer in meer as 100 jaar in Afrika en spesifiek Kaapstad gehou.

Suid-Afrika het die bod gewen om die algemene vergadering van die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) se 105ste byeenkoms in 2024 aan te bied.

Die IAU is die liggaam wat die wêreld se sterrekunde byeenbring, besluit oor die name van onder meer planete en ander liggame, terminologie en alle aspekte van ruimtewetenskap en sterrekunde.

Die IAU het 13 500 lede in 100 lande – vroue verteenwoordig nou 30% van die lidmaatskap.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van wetenskap en tegnologie, sê die plaaslike komitee wat die bod gewen het, het die land se steun. Dit is weer ’n bewys dat Afrika die volgende groot plek is vir sterrekunde.

Die algemene vergadering van die IAU word net elke drie jaar gehou en tans word dit in Wene, Oostenryk, gehou. Die volgende een is in Suid-Korea en dan volg Kaapstad.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.