Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Groot vonds van nuwe dinosourus in Egipte

Die fossiel van ’n dinosourus, wat so lank was soos ’n moderne bus, is in die Saharawoestyn in Egipte gevind.

Dit is ’n baie rare vonds, omdat daar tot nog toe relatief min fossiele uit die laat Kryt-tydperk – tussen 100 miljoen en 66 miljoen jaar gelede – in Afrika gevind is.

Dié nuwe ontdekking is luidens ’n artikel in die vakjoernaal Nature Ecology and Evolution gedoen in die Quseir-formasie naby die Dakhla-oase in die weste van Egipte.

’n Skets van hoe die dinosourus uit die laat Kryt-tydperk kon gelyk het. Skets: Andrew McAfee/Carnegie- natuurhistoriese museum

Die vierpotige dinosourus het 80 miljoen jaar gelede geleef en was ’n planteter. Op sy lang nek het hy beenagtige plate gehad.

Hoewel die dinosourus van kop tot stert so lank soos ’n bus was, het hy waarskynlik soveel soos ’n olifantbul geweeg.

Aan die begin van die dinosourusse se bestaan, deur die grootste gedeelte van die Trias- en daaropvolgende Jura-tydperke, was al die vastelande deel van die super-vasteland Pangea. In die Kryt-tydperk het dié vasteland begin opbreek en het die kontinente geskuif na die konfigurasie wat vandag bestaan.

Tot watter mate Afrika en sy diere verbind was met die ander vastelande word nog bestudeer. En tot watter mate watter diere destyds afsonderlik ontwikkel het, of afgesny was, word ook bestudeer. Dié betrokke dinosourus (Mansourasaurus shahinae) was egter nader verwant aan dié in Europa en dié van Asië.

Volgens die studie wys dit dat sommige diere aan die einde van die tydperke tog tussen die vastelande kon beweeg.

Meer oor:  Egipte  |  Fossiel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.