Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Stukkie van Mars na Japie van Zyl genoem
Dr. Japie van Zyl

Nasa het die Namibiese ruimtepionier dr. Japie van Zyl vereer deur ’n stukkie van Mars na hom te noem.

Die ruimtetuig Perseverance is tans besig met ’n dae lange tog na die lanseringsone van die Mars-helikopter, die Ingenuity, wat net minder as 60 m (196 voet) is van die plek waar Perseverance in Februarie in die Jezero-krater geland het.

Wanneer dit hier aankom, sal die Ingenuity laat sak word en die Perseverance het dan 25 uur om net meer as 100 m (330 voet) te ry na ’n ligging wat as die Van Zyl-uitkykpunt bekend sal staan.

Van Zyl, wat aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer het, is verlede jaar op die ouderdom van 63 jaar aan ’n hartaanval dood. Hy was 33 jaar lank verbonde aan Nasa se Vuurpylaandrywingslaboratorium (JPL) voordat hy in 2019 uitgetree het.

Ingenuity was een van sy finale projekte by Nasa en Bobby Braun, die JPL se direkteur vir planetêre wetenskap, sê Van Zyl was vir hulle ’n rigtingwyser. Toe die JPL die Ingenuity se planne onthul het, het hulle gesê die uitkykpunt word na hul “kollega, mentor en leier, Jakob van Zyl”, genoem.

Van Zyl, wat aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer het, is verlede jaar op die ouderdom van 63 jaar aan ’n hartaanval dood.

Ingenuity het die maande lange ruimtereis na Mars onderneem waar dit onderaan die Perseverance vasgemaak is.

Lede van die JPL het Dinsdag op ’n nuuskonferensie verduidelik daar is steeds ’n “aantal uitdagings” en dat elke enkele stap in die proses in onbekende terrein is. “Soos met alles ten opsigte van die Mars-helikopter, is dié tipe ontplooiing nog nooit voorheen gedoen nie,” het Farah Alibay, hoof van Mars-helikopterintegrasie vir die Perseverance, gesê.

“Sodra ons met die ontplooiing begin, kan daar nie omgedraai word nie. Alle aktiwiteite is nou gekoördineer, onomkeerbaar en afhanklik van mekaar. As daar selfs net ’n effense aanduiding is dat iets nie volgens verwagting verloop nie, kan ons besluit om vir ’n dag of langer te wag totdat ons ’n beter idee het van wat aan die gang is.”

’n Vliegsone net noord van waar Perseverance op die Rooi Planeet geland het, is vir Ingenuity se vlug gekies.

Sodra alles gereed is, sal Perseverance die vlugopdragte ontvang en dit na die helikopter herlei. Fox News, The Verge



Meer oor:  Nasa  |  Japie Van Zyl  |  Vereer  |  Mars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.