Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Jou brein is gek na oliebolle

Die brein hou van kos wat hoog in vet én koolhidrate is en dit is dus geen wonder nie ’n mens sukkel so om weg te bly daarvan.

Die beloningsentrum in die brein word geaktiveer wanneer ’n mens kos eet wat hoog is in vet, sowel as koolhidrate, volgens navorsing wat in die vaktydskrif Cell Metabolism gepubliseer is. Dit het met ons evolusie te make.

Dis lekker om kos te eet wat baie koolhidrate én vet bevat, want dit stimuleer die brein se beloningsentrum. Foto: Pixabay

Hierdie soort kos – wat ook deesdae verwerkte kos insluit – is hoog in energie. Tienduisende jare gelede was die brein se respons om dit te eet, want dit help jou oorleef, maar dit is nie vandag meer nodig nie.

Die brein besef dit egter nie.

Ons jagter-versamelaar-voorsate het meestal plante en diere geëet, maar ’n kombinasie van vet en koolhidrate was skaars. In die natuur is dié kombinasie skaars; dit bevat baie basiese vesel en neem lank om te verteer, wat die metabolisme vertraag.

Met die koms van die landbou sowat 12 000 jaar gelede is gewasse aangeplant en suiwelproduksie het begin. Die mens het vet en koolhidrate saam begin eet, maar matig.

Maar verwerkte kos is net 150 jaar oud, soos ’n oliebol, en die brein het nog nie tyd gekry om ’n nuwe reaksie daarop te ontwikkel nie.

Die menslike fisiologie het dus nog nie aangepas om dit te reguleer sodat jy nie te veel daarvan eet wanneer jy onbeperkte toegang daartoe het nie.

In ’n eksperiment waar mense moes betaal vir kos, was hulle ook bereid om meer te betaal vir kossoorte waarin vet en koolhidrate gekombineer word. Mense het ook onderskat hoeveel kalorieë daarin is.

Meer oor:  Wetenskap  |  Navorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.