Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Jupiter, Saturnus skyn 'n paar dae saam
’n Skaars verskynsel waar Jupiter en Saturnus baie na aan mekaar skyn sal Maandag op sy helderste gesien word, volgens dié illustrasie wat die Suid-Afrikaanse Sterrewag uitgereik het. Foto: Facebook (SAAO)

’n “Groot samekoms” van Jupiter en Saturnus sal na verwagting Maandagaand vir die eerste keer in eeue die helderste te sien wees.

Suid-Afrikaners is aangeraai om net ná sonsondergang wes te kyk om dié twee planete te sien saam skyn, byna soos een ster in die naglug.

Volgens die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag (SAAO) sal Jupiter en Saturnus Maandagaand die naaste aan mekaar wees, maar die samekoms kan steeds oor die volgende paar dae geniet word.

Nasa het verlede Dinsdag gesê dit is byna 400 jaar sedert dié planete so naby mekaar verbybeweeg soos van die aarde af gesien en naastenby 800 jaar sedert dit in die aand gebeur het sodat “amper almal oor die wêreld heen dit kan aanskou”.

Daar word na dié verskynsel verwys as die “Kersfees-ster”, met sommiges wat bespiegel dat dié verskynsel die sogenaamde Ster van Betlehem in die Kersverhaal is.

Die twee planete het glo laas in 1623 so naby aan mekaar gelyk, soos van die aarde af gesien.

Volgens Nasa kan die publiek met behulp van ’n verkyker of klein teleskoop vier van Jupiter se groot mane sien.

“Van waar ons op die aarde van kyk, lyk dit of die reuse-gasplanete baie naby aan mekaar is, maar hulle is honderde miljoene myle van mekaar in die ruimte.”

Dit kom dikwels voor of Jupiter en Saturnus verby mekaar in hul wentelbane beweeg en elke 20 jaar is hulle in lyn met mekaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.