Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Jy kan brand met pakkie skyfies stig, bevind navorsing

’n Gewone pakkie skyfies wat jy in die winkel koop, is ’n uitstekende versnelmiddel wat deur brandstigters gebruik kan word, toon nuwe navorsing.

Forensiese deskundiges soek gewoonlik na tekens van versnellers soos petrol wanneer hulle ’n brand ondersoek, terwyl ’n brandstigter met ’n pakkie skyfies letterlik hierdie bewyse kan wegbrand.

Navorsers aan die Greenwich-Universiteit in Londen het toetse gedoen en bevind dat ’n vol pakkie skyfies wat aan die brand gesteek word ’n motor se sitplek binne omtrent drie en ’n half minute kan laat vlamvat.

Brandbestryders het glo by die universiteit gaan aanklop nadat hulle met kollegas in korrektiewe dienste gepraat het wat bekend is met hierdie tegniek.

Luidens ’n verklaring van die universiteit was selfs brandbestryders verstom met die toetsuitslae. Hoewel die toetse op motorsitplekke gedoen is, sê navorsers dat meubels soos banke ook sal vlamvat.

Linda Brownlow, die universiteit se forensiese hoof, sê brandstigters sal moontlik makliker wegkom deur skyfies te gebruik as ander versnellers soos petrol.

“Iemand wat ’n brand wil stig en ’n kan petrol by hom het, staan uit. Niemand gaan twee keer kyk na iemand met ’n pakkie skyfies nie, en boonop vernietig die bewysstuk homself. Dit kan die brand maklik na ’n ongeluk laat lyk,” sê Brownlow.

Iemand wat ’n brand wil stig en ’n kan petrol by hom het, staan uit. Niemand gaan twee keer kyk na iemand met ’n pakkie skyfies nie, en boonop vernietig die bewysstuk homself. Dit kan die brand maklik na ’n ongeluk laat lyk.

Omdat dit ’n rukkie neem voordat die skyfies ander voorwerpe laat vlamvat, is dit oorgenoeg tyd vir die brandstigter om hom uit die voete te maak, sê Brownlow.

Sy sê skyfies “voer” die vlamme omdat dit vetterig is en baie kalorieë bevat.

Die student Emily Duffin het glo met die navorsing begin as deel van haar finalejaarprojek in forensiese wetenskap en kriminologie. Sy het verskeie toetse gedoen wat belowende uitslae opgelewer het.

Die toetse is toe later op ’n groter skaal gedoen.

“Met betrekking tot kalorieë was daar min verskil in die toetse. Die verskillende soorte skyfies het almal aan die brand geslaan en die vlamme was sterk genoeg om die sitplekke aan die brand te steek. Die brandbestryders het verwag dat die vlamme sou doodgaan voordat die sitplek sou vlamvat. Hulle was verstom,” sê sy.

Die volgende stap in die navorsing is om te bepaal of ’n pakkie skyfies wat gegooi word ook lank genoeg aan die brand sal bly om ’n brand te veroorsaak, sê Brownlow.

Meer oor:  Brandstigting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.