Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Kenners soek na meteoriet-stukke

Kenners soek na oorblyfsels van die meteoor wat Woensdagaand buite Perth in Wes-Australië deur die atmosfeer binnegedring en toe ontplof het.

’n Mens kon dit sover as 100 km van Perth af hoor en in die naghemel sien, berig ABC News.

’n Skermgreep van ’n video wat geneem is van die meteoriet wat bo Perth ontplof het. Foto: Lance en Matt Boston

Wetenskaplikes van die Curtin-Universiteit in Perth probeer vasstel of die meteoor wel die grond getref het. Dit lyk ook asof daar ’n kans is dat stukke daarvan ná die ontploffing wel kon geval het.

Meteore wat deur die aarde se atmosfeer kom, brand gewoonlik uit. Sommige ontplof bo die oppervlak met ’n reuseknal wat dan skokgolwe stuur wat groot skade kan aanrig as dit in ’n geboude gebied gebeur.

The West Australian berig as daar wel stukke is, kan dit weke neem dit op te spoor. Daar word buite die dorpe York en Northam gesoek.

Talle mense het aanvanklik gedink dit was ’n vliegtuig wat geval het, of dalk selfs ’n aardbewing.

Net sowat 2% van meteore tref die aarde en dan word daar na hulle as meteoriet verwys.

Footage of tonight's meteor we received from people around Perth

A post shared by Perth Observatory (@perthobservatory) on

Meer oor:  Perth  |  Australië  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.