Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Kese met klein klokke moet maar windmakerig wees
Foto ter illustrasie.

Ape, bobbejane, gorillas en ander primate (onder wie die mens) van die manlike geslag kan nie albei hê nie: Dit is óf groot testikels en baie sperm, óf “spoggerige ornamente”.

Die ontwikkeling van albei gebruik net te veel energie, luidens ’n verklaring van die Universiteit van Zürich.

Prof. Stefan Lüpold, verbonde aan dié universiteit se departement van evolusionêre biologie en omgewingstudies, en prof. Leigh Simmons en dr. Cyril Grueter van die Universiteit van Wes-Australië se Sentrum vir Evolusionêre Biologie, het ondersoek gedoen na hoe primate hul beperkte hulpbronne gebruik om sukses met voortplanting te behaal.

Mannetjies is veral oor een ding hoogs mededingend: Om voort te plant.

Om die beste kans te staan om voort te plant, belê manlike primate baie in verskillende seksuele eienskappe, soos om ’n groot lyf te hê, lang slagtande en vertonerige “seksuele ornamente” soos maanhare, baarde, swellings, groot penisse en kleurvolheid om teenstanders te intimideer en wyfies te verlei.

As hulle nie ander mannetjies van hul wyfie kan wegkeer nie, maak hulle op met hul spermtelling. Deur ’n ander se sperm met hul eie te verdring, maak hulle seker hul kanse om ’n wyfie te bevrug is beter. Maar om baie sperm te hê, is groot testikels nodig.

Die navorsers het 100 primaatspesies, wat die mens insluit, vergelyk. Alles in ag geneem, het hulle tot die slotsom gekom dat daar ’n belangrike kompromis aangegaan word: ’n Groter “ornament” gaan gepaard met kleiner testikels en dus minder sperm.

“In ’n neutedop, die mannetjies wat die grootse windmakers is, het die kleinste testikels,” sê Lüpold.

Meer oor:  Bobbejane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.