Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
KYK: 3, 2, 1 ... En daar gaan Musk se vuurpyl die ruimte in

Nasa en Elon Musk se ruimtemaatskappy, SpaceX, het Vrydagoggend suksesvol ’n ruimtetuig met vier ruimtevaarders gelanseer deur vir die eerste keer van ’n herwinde vuurpylaanjaer gebruik te maak.

Die maatskappy se Crew Dragon-kapsule die Endeavour is Vrydagoggend omstreeks 11:49 (Suid-Afrikaanse tyd) op ’n Falcon 9-vuurpyl van Nasa se Kennedy-ruimtesentrum by Cape Canaveral in Florida gelanseer.

Die lansering is regstreeks op Nasa TV uitgesaai.

Die ruimtetuig sal na verwagting Saterdag, ná ’n vaart van bykans 24 uur, by die Internasionale Ruimtestasie aankom en daaraan vaskoppel. Die ruimtestasie is in ’n wentelbaan sowat 400 km bo die aarde waar die ruimtevaarders die volgende ses maande sal deurbring om wetenskaplike eksperimente en instandhoudingswerk te doen.

Vrydag se lansering met ’n gebruikte vuurpylaanjaer was ’n eerste vir ’n ruimtetuig wat mense vervoer, maar is voorheen reeds verskeie keer suksesvol gebruik in ruimtetuie wat goedere vervoer het.

Herbruikbare vuurpylaanjaers staan sentraal in SpaceX se strategie om ruimtevaart meer ekonomies te maak. Dit is ontwerp om outomaties terug aarde toe te vlieg en veilig te land nadat dit minute ná die lansering van die res van die vuurpyl wegbreek het.

Vrydag se lansering was die tweede operasionele span wat deur Nasa in ’n Crew Dragon-kapsule na die Internasionale Ruimtestasie gestuur is sedert die VSA verlede jaar die lansering van ruimtevaarders van eie bodem af hervat het. Daar was ’n nege jaar lange onderbreking nadat die Amerikaanse pendeltuigprogram in 2011 tot ’n einde gekom het.

Die vorige span, ook vier ruimtevaarders, is in November na die ruimtestasie gestuur en sal na verwagting op 28 April na die aarde terugvlieg.

Vrydag se span bestaan uit twee Nasa-ruimtevaarders, Shane Kimbrough (53), bevelvoerder, en Megan McArthur (49), vlieënier, asook Akihiko Hosjide (52), ’n Japannese ruimtevaarder, en Thomas Pesquet (43), ’n Franse ingenieur van die Europese Ruimteagentskap. – Reuters

Meer oor:  Spacex  |  Ruimtevaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.