Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
KYK: Arabiere stuur 1ste sending na Mars

Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het Maandag sy eerste sending na Mars onderneem.

Die Hope-wenteltuig is van die Tanegasjima-ruimtesentrum in Japan gelanseer vir ’n reis van sewe maande na die rooi planeet waar hy sal wentel en data oor die atmosfeer insamel.

Die eerste Arabiese sending na Mars moes aanvanklik op 14 Julie plaasgevind het, maar is weens slegte weer twee keer uitgestel.

Net ’n uur ná die lansering het die Hope-wenteltuig al sonpanele ontplooi en het hy radiokommunikasie met die stasie op aarde vasgestel.

Daar is tans agt aktiewe sendings wat Mars verken. Sommige wentel om die planeet en ander gaan land op sy oppervlak. China en Amerika beplan elk om vanjaar weer een op te stuur.

Volgens Sarah Amiri, minister van gevorderde wetenskap, het die Emirates Mars Mission $200 miljoen gekos. Dit is daarop gemik om vir die eerste keer ’n volledige beeld van die Mars-atmosfeer te gee deur daaglikse en seisoenale veranderinge te bestudeer.

Die VAE het in 2014 die eerste keer planne vir die sending aangekondig en in 2017 ’n nasionale ruimteprogram van stapel gestuur om plaaslike kundigheid te ontwikkel. Hy het ook ’n ambisieuse plan vir ’n Mars-nedersetting teen 2117.

Hazza al-Mansoeri het in September die eerste Emirati geword wat na die Internasionale Ruimtestasie gevlieg het.

Om die Hope-wenteltuig te ontwikkel en te bou het die Mohammed Bin Rashid-ruimtesentrum (MBRSC) saam met die Amerikaanse onderwysinstellings gewerk. Reuters

Sarah Amiri, minister van gevorderde wetenskap van die Verenigde Arabiese Emirate en Naohiko Abe, senior visepresident van Mitsubishi Heavy Industries wat by die projek betrokke is, ná afloop van die suksesvolle lansering. Foto: Reuters


Meer oor:  Japan  |  Mars  |  Vae  |  Ruimtevaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.