Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
KYK: Groeisel onder narkose uit duur koivis gehaal

Binne 40 minute het ’n veearts van Mbombela ’n groeisel “so groot soos ’n man se hand” uit ’n koi se buik verwyder.

Dr. Donnie Engelbrecht van die Van Wijkstraat-dierehospitaal in Mbombela het die vis Woensdag geopereer.

Die vis voor die operasie. Foto: Facebook

Engelbrecht sê die vis se eienaar, Steven Smit, het hom genader omdat die vis se buik al hoe groter geraak het hy al krommer begin swem het.

As stokperdjie boer Smit met kois wat hy van Japan af invoer.

Smit het die vis narkose toegedien en deurlopend suurstofryke water deur die vis se kiewe gespuit terwyl Engelbrecht die prosedure uitgevoer het.

Engelbrecht verduidelik die gewas het baie “los” binne die vis gesit en hulle kon dit maklik verwyder sonder om die vis se ingewande te seer te maak.

Volgens Smit is hulle nie seker wat die groeisel veroorsaak het nie, maar is dit vermoedelik vetkliere wat opgebou het en later ’n abses veroorsaak het.

“Ons het die wond met steke binne en buite toegemaak. Dit gaan nou baie goed met hom en ek gee hom so elke derde dag antibiotika.”

Die spesies waarmee Smit boer, se pryse begin rondom R30 000 tot R40 000 en volgens hom kan jy tot soveel as R500 000 uithaal as jy by die nasionale koiskou met groot kampioene wil meeding.

Steven Smit behandel die wond nadat die gewas verwyder is. Foto: Facebook
Die gewas wat uit die vis se buik verwyder is. Foto: Facebook
Die vis word in die hersteltenk vrygelaat na die operasie. Foto: Facebook

Engelbrecht sê dit is ’n lekker uitdaging om ’n vis te opereer en bevredigend om ’n dier wat soveel werd is, te help.

Smit se visse was self al kampioene by die nasionale kompetisie en sy oudste koi is ongeveer 16 jaar oud. Volgens hom hang die vis se leeftyd grootliks van die water se gehalte af.

“Jy moet basies ’n ‘waterdokter’ wees.”

Kois se uniekheid het Smit se belangstelling in die spesie geprikkel.

“Nie een is dieselfde nie. Jy kry soveel verskillende soorte, elk met ’n ander patroon, liggaamsbou en persoonlikheid. Dit is werklik unieke diere.”

Meer oor:  Mbombela  |  Veearts
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.