Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Kyk seemeeu stip in oë om jou kos te beskerm

Die geheim om jou kos op die strand teen seemeeue te beskerm, is om na hulle te staar, sê wetenskaplikes.

Volgens onlangse navorsing is die voëls meer geneig om jou kos by jou te gryp as jy nie reguit vir hulle kyk nie, berig die BBC.

Navorsers van die Universiteit van Exeter in Engeland het ’n sak skyfies op die grond neergesit en tyd gehou om te sien hoe lank dit die meeue neem om kos te nader terwyl mense stip na hulle kyk. Hulle het dit vergelyk met hoe lank dit die meeue neem om toe te slaan terwyl die persoon wegkyk.

Die meeue het 21 sekondes langer geneem as daar direk na hulle gestaar word.

Die wetenskaplikes het 74 meeue probeer toets, maar die meeste van hulle was te skugter.

Die meeue het 21 sekondes langer geneem as daar direk na hulle gestaar word.

Van die 27 wat die skyfies genader het, het 19 die “kyk na” sowel as die “wegkyk”-toets afgelê.

Die studieleier, Madeleine Gouma van die Centre for Ecology and Conservation by Exeter, sê meeue word as aggressief beskou en dat hulle bereid is om kos by mense te gryp. Daarom was dit interessant om te ontdek dat die meeste van hulle selfs te skugter was om aan die toets deel te neem, berig The Telegraph.

“Van dié wat wel nadergekom het, het die meeste langer geneem om iets te gryp toe hulle dopgehou is. Sommige sou glad nie aan die kos raak nie, terwyl ander nie gesien het dat iemand na hulle staar nie.”

Volgens The Guardian dr. Viola Ross-Smith van die British Trust for Ornithology, wat seemeeue ook bestudeer, die voëls is waarskynlik versigtiger as mense oogkontak met hulle maak omdat hulle dan besef dat hulle in gevaar is.

Sy het saamgestem dat dit lyk asof die uitgeslape meeue iemand van agter benader om die kos te gryp.

“Dit is seker vreeslik om te erken, maar ek hou baie daarvan om te sien hoe die meeue dit doen,” sê sy.

Meer oor:  Wetenskap  |  Vrees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.