Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
KYK: Vernuftige helikopter(tjie) se foto’s van Mars

Ingenuity, die Mars-helikoptertjie, se eerste vier vlugte op die Rooi Planeet was so suksesvol dat dit voortaan operasioneel aangewend gaan word.

Volgens die BBC beteken dit dat die helikopter Nasa se Perseverance-voertuig sal ondersteun en help met sy soektog na enige tekens van lewe op Mars.

“Die tegniese prestasie was fantasties en het al ons verwagtinge oortref,” het MiMi Aung, Ingenuity se projekbestuurder, gesê.

“Ek kan jou nie vertel hoe opgewonde ons is oor hierdie nuwe fase nie,” het Aung bygevoeg.

Ingenuity se vlug op 19 April het geskiedenis gemaak as die eerste aangedrewe, beheerde vlug op ’n ander planeet.

Die helikopter van 1,8 kg het in die uiters dun Mars-atmosfeer opgestyg en ongeveer 40 sekondes op ’n hoogte van 2 m gesweef voordat hy weer gaan land het.

Vir sy tweede en derde vlug het die helikopter verder gevlieg en tot ’n hoogte van 5 m opgestyg voordat dit lateraal vir onderskeidelik 2 m en 50 m gevlieg het voordat hy by sy landingsplek neergestryk het.

CNN berig Ingenuity sal minstens nog ’n maand bo Mars rondvlieg. Die helikopter het Vrydag sy vierde vlug onderneem.

Die Perseverance-voertuig het toe ook video’s en foto’s van Ingenuity se vlug afgeneem en kon vir die eerste keer klank opneem.

"Die helikopter kon ’n lugperspektief van Mars vasvang wat die mensdom nog nooit gesien het nie,” het Aung gesê.

Volgens Space.com het Ingenuity al sy doelwitte met sy vier vlugte op 19, 22, 25 en 30 April bereik. Die helikopter het in sy laaste vlug Vrydag ’n topsnelheid van 13 km/h bereik gedurende die 117 sekondes wat hy gevlieg het.

“Toekomstige ontdekkingsreise na Mars kan nou met vertroue die ekstra vermoë in ag neem wat lugverkenning vir ’n wetenskaplike missie kan bring,” het Lori Glaze, direkteur van Nasa se afdeling Planetary Science, gesê.

’n Foto wat Perseverance van die helikoptertjie geneem het. Foto: Nasa
Een van Ingenuity se kleurfoto’s van die Rooi Planeet vanuit die lug. Foto: Nasa

Meer oor:  Ruimte  |  Ingenuity  |  Mars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.