Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wetenskap
Kyk wat is op die maan gevind

Waterys is vir die eerste keer direk op die maan raakgesien.

Dit is gedoen met Nasa se maan-mineralogie-karteerder (M3) en kon waargeneem word op die donkerste en koudste plekke op die maan se oppervlak.

Die foto’s wys die verspreiding van waterys op die oppervlak van die maan op die suidpool (links) en die noordpool (regs). Dit is gevind deur Nasa se maan-mineralogie-karteerder. Die blou dele dui die ys aan die grysskaal dui temperatuur aan, hoe donkerder hoe kouer.Foto: Nasa

Die waterys kom plek-plek voor op die suid- en noordpool en daar word vermoed dit is baie oud.

Veral op die suidpool kom dit binne-in kraters voor, terwyl dit op die noordpool meer verspreid is.

Die werk is in die vaktydskrif PNAS gepubliseer.

Die M3-instrument was aan boord van die Chandrayaan-1-tuig wat in 2008 deur die Indiese Ruimteagentskap gelanseer is. Dit het data versamel van ys wat van die oppervlak gereflekteer het, maar dit kan regstreeks meet hoe molekules infrarooi lig absorbeer. So kon dit onderskei tussen waterdamp, waterys en lopende water.

Die navorsing is gedoen deur die Universiteit van Hawaii en die Brown-universiteit, asook Nasa se Ames-navorsingsentrum.

Danksy die maan se draaias, kry die betrokke areas nooit sonlig nie, en is die temperatuur daar nie bo - 156°C nie.

Meer oor:  Nasa  |  Indiese Ruimteagentskap  |  Ontdekking  |  Maan  |  Chandrayaan-1-Tuig  |  Ruimte  |  Wetenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.